Sirkel: Tygerberg

Tak: Parow

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Maretha Bester

Datum: 11 September 2015

 

‘n Baie besige jaar met vele hoogtepunte waarop ons baie trots kan wees, sluit die onderstaande in. Ons kyk dan terug op:

 

Die tak se 80ste verjaarsdag wat gevier is op 11 September 2015 met ‘n spitbraai in die geselskap van “Die T-sakkie Sisters”. Dit is ‘n groep dames wat beslis almal se voete laat jeuk het. Die lede het saam met hul gesinne en vriende die getal van 150 gaste uitgemaak. Met trots het ons ‘n Sertifikaat van Waardering van die Parow Senior Sentrum – Hernus Kriel ontvang vir ” Die verskil wat in die lewe van bejaardes gemaak word met liefdevolle betrokkenheid, vrywillige werk, omgee en ongelooflike positiewe gesindheid en ondersteuning”. ‘n Aand om te onthou!

 

DSCN1953

80 jarige verjaarsdag. Rangskikking deur Julia de Kock

 

Die tweede aangename projek was 80 kersgeskenkies wat ons by ‘n tehuis, Erica Place in Athlone, kon afgee asook 44  aan bejaardes in die Parow omgewing wat alleen bly. Die houers wat gebruik is, was leë tennisbalhouers waarin die lede hul verjaarsdaggeskenkies gedurende die jaar ontvang het en moes versier vir hergebruik. Dit het gesorg vir aangename werksure en baie kreatiwiteit. Die sepies wat in die houers was, is deur die gaste na die tak verjaarsdagvieringe as geskenkies gebring. Eetgoed was ook deel hiervan.

 

Dit was baie lekker om te kon uitreik.

 

DSCN2060

Versierde tennisbalhouers.  Vlnr: Vicky Hough, Salomé Olivier en Leoni Johnston

 

DSCN1933

Sertifikaart oorhandiging: vlnr: Maretha Bester (voorsitter) Annaleen Nel (bestuurder Hernus Kriel)