Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Prieska
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Erika Lubbe, VLVK-argivaris
Datum: 16 September 2015
Vlnr Corrie Liebenberg, Voorsitter, Lulu van Wyk, Sekretaris; Frieda van Niekerk, Erelid
Vlnr Surietha Kotze; Ansie Loock, Landi de Beer, Visevoorsitter
’n Huis sonder suurlemoen is ’n halwe huis. Die suurlemoen word vir geslagte reeds vir sy terapeutiese doeleindes gebruik.
- Dit is baie ryk aan vitamien C en het ’n kragtige, reinigende uitwerking op die hele spysverteringstelsel.
- Suurlemoen is ’n baie goeie alkali (antisuur) en dit stabiliseer die suurvlakke in die liggaam. ’n Halwe suurlemoen uitgedruk in ’n glas warm water sal sooibrand in minute opklaar.
- Suurlemoen maak die lewer (die liggaam se asblik) pragtig skoon. ’n Vars uitgedrukte suurlemoen op jou nugtermaag is een van die beste lewertonikums beskikbaar.
- Suurlemoen is ’n antiseptiese middel en is baie goed om te gorrel vir ’n seer keel.
- Suurlemoen beheer blaasinfeksies en nierkwale wat hoofsaaklik ontstaan uit ’n oormaat suur.
- Suurlemoen is ryk aan kalium en is ’n goeie harttonikum vir hartlyers.
- Suurlemoen op ’n by- of perdebysteek neem die pyn en swelling vinnig weg.
- Suurlemoen is ’n natuurlike insekweerder – veral vlieë en muskiete. Drink en smeer dit op jou vel.
- ’n Halwe suurlemoen in ‘n halwe glas water uitgedruk, haal plaak van tande af. Spoel die mond vir een minuut daagliks uit en geel tande word weer wit!
Voorwaar: ’n Suurlemoen per dag, laat die dokter wag!
Vlnr Annatjie de Villiers; Erika Lubbe, vorige VLVK-president; Nadia Muller, Saamroeper Openbare Sake; Marelize de Villiers, Saamroeper Opvoeding en Kultuur
Vlnr Samantha Groendwald; Liz- Maré Lubbe, Saamroeper Gesondheid; Landi de Beer, Visevoorsitter; Chrisna Coetzee
Leave A Comment