Sirkel: NOK
Tak: Lady Grey
Portefeulje: Pret!
Beriggewer: Isabel du Toit
Datum: 10 September 2015
Louwtjie Naude speel pluimbal
Na die suksesvolle 80ste verjaarsdagviering in Augustus het vyf nuwe lede aangesluit! Dit maak die tak ‘n baie positiewe en opgewonde tak!
Rene Vorster slaan bottles om
September was “groepskompetisie-tyd” in Lady Grey en die ses studierigtings se Saamroepers en lede moes teen mekaar kompeteer. Elke lid in die groep het 1 minuut tyd gehad om ‘n sekere taak te voltooi, o.a. krale inryg, pluim met raket slaan, boontjiesak gooi, ballon bars, en bottel met tennisbal omslaan. Onnodig om te sê, dit was groot pret, en die wenner was…….?? Dit sal tydens die afsluitings vergadering aangekondig word.
Ons oudste lid: Hendrieka Diedericks (92 jaar jonk)
Leave A Comment