Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 9 September 2015

 

 

Dr Johan Marx van die 4 Spesiale Magte-regiment Langebaan het die dames kom toespreek oor: Ons wêreld van kontras, hoop en belofte.

 

DSCN1382

Johan Marx word bedank deur Roleyn Nortier

 

Alles gaan nie altyd goed nie.
– Vlugtelinge en verplasings van bevolkings;
– Onwettige immigrante en gepaardgaande werkloosheid en misdaad;
– Onregverdige regstellende aksie en onderdrukking van die geskiedenis en kultuur;
– Wanbesteding van staatsfondse.

 

Daar is Natuurrampe:
Tsunami – Japan 2011 / 20 000 mense is dood;
Wanbestuur van natuurlike hulpbronne. Daar is nie genoeg hande om te
voorsien in voedsel behoeftes van ons bevolking nie.
Bevolkingsaanwas en hongersnood.
Terreur – die verspreiding van Islamitiese ekstremisme is meer prominent;
Water tekort – damme en mere loop leeg.

 

 

Waarheen gaan ons wanneer ons twyfel en wanhopig is?  Na God.  God het ‘n groter plan wat ons nie verstaan nie.

 

Maak God en die kerk jou sentrale punt.  Ons bekommer ons te veel oor die verlede en wat ons verkeerd gedoen het.  Vergeet en beweeg aan.  Gebruik bestaande kennis.  Maak ‘n keuse vandag.

 

Hoe gebruik ‘n mens die skepping as verwysingsraamwerk:
Daar is 8,7 miljoen plant en dierspesies op aarde.
86% plant en dierspesies op land en hope in oseane is nog nie bestudeer nie.
Langebaanmeer het 32% van die watersisteme in Suid-Afrika.
Langebaan duinesandveld is deel van 14 000 soorte plant en dierspesies.
Ongeveer 55 000 voëls vlieg elke jaar na Langebaanmeer tussen September en
April.

 

Neem die kragtigste posisie in, in tye van nood:  Kniel voor God.
God het belowe dat niks oor jou pad sal kom wat vir jou te veel sal wees om te hanteer nie.

 

Riglyne uit Noag se Ark:
– Moenie die boot mis nie – Tyd;
– Onthou ons is almal in dieselfde bootjie;
– Beplan vooruit.  Dit het nie gereën toe Noag die Ark gebou het nie;
– Bly fiks;
– Moenie na kritiek luister nie, hou aan met werk;
– Bou jou toekoms op hoë standvastige grond;
– Vir veiligheid, reis in pare (familie);
– Spoed is nie altyd ‘n voordeel nie, die slakke was saam met die
jagluiperds aan boord;
– As jy op gestres is, dryf bietjie, ontspan, sit terug;
– Ark is gebou deur amateurs, die Titanic deur professionele mense;
– Moenie bekommer oor die storms, met die Here wag ‘n reënboog.

 

DSCN1384

Hilary Nepgen in die middel oorhandig die prysgeld aan Hennah Greeff en Rouxleen Moran wat hul gewen het by konferensie.

 

 

DSCN1385

Jodi Terblanche (Ondervoorsitter) gaan voortaan ook sekretaresse wees, Elmine Archibald (Oud Sekretaresse) en Hilary Nepgen (Voorsitter)