Sirkel: Middelland
Tak: Acqua
Portefeulje: PE Intertakvergadering
Beriggewer: Lynette Martin
Datum: 9 September 2015
Die PE Intertakvergadering is aangebied deur VLV Acqua met die kompetisie Lente-Makietie. Die vier deelnemende Takke van Port Elizabeth, nl. Acqua, Kraggakamma, Hercula en Rocklands, het elkeen ‘n tafel gedek en ‘n noenmaal spyskaart uitgewerk om lente te vier.
Riglyne vir die dek van ‘n tafel:
- *Uitnodiging – RSVP binne ‘n week.
- *Moet nooit meer as 10 minute laat wees nie.
- *Middelplasing kan bestaan uit: Geskenkdose, kerse, houertjies met blomme, ens. en nie noodwendig uit blomme nie.
- *Herhaal die elemente wat jy gebruik.
- *Gebruik verskillende teksture.
- *Kombineer oud en nuut en groepeer.
- *‘n Servet rond dikwels ‘n tafel af.
- * Servette: hou die vou daarvan eenvoudig en elegant.
Leave A Comment