Sirkel:   Tygerberg

Tak:    Brackenfell

Portefeulje:   Fondsinsameling

Beriggewer:   Lettie van Wyk

Datum:   9 September 2015

 

 

VLV Brackenfell se Fondsinsameling vir die jaar is gehou by die Groenland Wynlandgoed op die Bottelarypad net buite Brackenfell.

 

 

IMG_1507 (Custom)

 

 

60 dames het kom luister na die pragtige sang van Jeandré Odendaal terwyl hulle heerlik gesmul het aan die eetgoed wat  voorberei is.

 

 

IMG_1523 (Custom)

 

 

Die tema “n Vrolike Oggendtee” is verder gevoer deur Brackenfell se eie toneelgeselskap wat vir die dames ‘n klein opvoering gelewer het van VLV Brackenfell se uitstappie na Stellenbosch, Jubeleumhuis en Oom Samie se winkel.

 

 

Drie van Brackenfell se lede het ook hulle wedervarings in New Zealand gedeel.

 

 

IMG_1521 (Custom)

 

 

Vele gelukstrekkings is ook gehou en baie dames is gelukkig huistoe met ‘n pakkie in die hand.

 

 

IMG_1500 (Custom)

 

 

Brackenfell is BAIE BAIE trots op hul lid Susan de Villiers, wat by die pas afgelope Kongres die beker vir Eerste Prys in Weefwerk sowel as Beste Artikel op Skou, gewen het.   Hier ontvang sy die bekers by Bets Van Biljon, voorsitter van Brackenfell, by die vergadering wat gehou is op 3 September 2015.

 

 

IMG_1514 (Custom)