Sirkel: Cradock
Tak: Hofmeyr
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Teresa Opperman
Datum: 4 September 2015
Estelle Kruger, Sekretaresse van Hofmeyr VLV, het letterlik die bul by die horings gepak, en al die dorpslede van Hofmeyr VLV bymekaargekry om haar te help om die ingange na Hofmeyr en ook die dorp self skoon te kry.
Die Augustuswinde in die area veroorsaak dat papiere en plastieksakke die wêreld vol dwarrel en omdat ‘n ordentlike vullisverwyderingsnetwerk nie in plek is in die klein plattelandse dorpies nie, is dit dikwels die inwoners se verpligting om toe te sien dat die omgewing na Augustus weer netjies gemaak word.
Estelle het haar man, Rhyn, asook vir Emma & Tommie Roux, Rosalie & Cedric Manley en Vivian Labuscagne gevra om haar te help om die dorp weer netjies te kry. Sy het voortydig aansoek gedoen by die Munisipaliteit om plastiese vullisverwyderingssakke te bekom, wat deur hulle voorsien is. In samewerking met Avice Steenkamp, skoolhoof by Laerskool Hofmeyr, is ‘n paar bereidwillige leerders ook betrek om behulpsaam te wees.
Omdat die leerders hul voedingspakket sou misloop, het Estelle ook gereël dat ‘n kospakkie vir elkeen beskikbaar was na afloop van die projek. ‘n Groot aantal swart sakke is met bakkies vervoer na die asgate en dit is daar verbrand.
Leave A Comment