Sirkel:  Worcester

Tak:  Maria Stofberg

Portefeulje:  Leefstyl

Datum:  3 September 2015

Beriggewer:  Alta Britz

 

 

Mev Maria Stofberg, gebore Botha, het op 13 September 1927 die eerste VLV tak in Worcester Sirkel, nl Rooihoogte (duskant Villiersdorp), gestig. Sy het die behoefte aan opleiding van vroue gesien en van huis tot huis gestap om lede vir Maria Stofberg tak te werf. Op 24 September 1956 is die Maria Stofberg tak met 56 lede gestig met mev Vlok as Voorsitter. ‘n Kers is as huldeblyk vir haar en al die lede wat nie meer saam met ons kan wees nie, deur Jacoba du Plessis opgesteek. Uit dankbaarheid vir die 59 jaar van die tak se bestaan, hou hulle ‘n lekker lentevergadering.

 

IMG-20150904-WA0004 (Custom)

Jacoba du Plessis steek as huldeblyk ‘n kers aan.

 

Marco Brand, gr 2 leerder van Worcester Oos Laerskool, dra die gedig  Kriekerasie, geskryf deur Pat Scott, voor. Hy het by Worcester Eisteddfod n goue diploma gekry

 

Jolene Roux maak die lede lus om die hele huis om te keer met al die praktiese, ekonomiese binnenshuisversiering wenke wat sy vir hulle deurgee. Waag met helder kleure;  verander net die kussings; pas op vir klein muurbehangsels en ornamente in groot vertrekke; matte, vensterkappe en bed- en gordynvalle is uit; skuif meubels en skilderye gereeld.

 

IMG-20150904-WA0006 (Custom)

Jacoba du Plessis en Daphne Auret in ligteluim.

 

Martina Fouche, demonstreer drie van die gewildste huishoudelike verkoopsartikels van Verimark nl., die “stickywix” wat al die donse van artikels verwyder; die “space savers” wat  hangers is wat onder mekaar hang en baie plek bespaar en die “Bauer” deksel.

 

IMG-20150904-WA0002 (Custom)

Sella Swart, erelid van die tak, is die wenner van die gelukkige trekking en Tertia Hayman oorhandig dit aan haar.

 

Alta Britz demonstreer hoe op stringserpe van “T-shirt” materiaal te maak, asook hoe om koekarretjies met ‘n plastiek hulpmiddel te maak.

 

IMG-20150904-WA0003 (Custom)

Alta Britz demonstreer die maak van string serpe.