Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Lin Smit
Datum: 2 September 2015

 

 

IMG_5865 (Custom)

 

 

Lin en Pieter Smit ontvang die lede en gaste met warm koffie en vars muffins op hul plaas Klein Klipfontein die bewaringsgebied van die Rooi lelie. Dit is Pieter en sy Pa Johannes as ook Philbert Melck van Hopefield se passie om die lelie te bewaar.

 

 

IMG_5868 (Custom)

 

 

Die dames vertrek met viertrekvoertuie en 2 trekkers met waens na die Rooi lelie bewaringsgebied op die plaas. Die bewaringsgebied is baie netjies omhein omdat Ystervarke hul grootste vyand is.

 

 

IMG_5885 (Custom)

 

 

Die Rooi lelies (Afrikaner lelie) en ook Koekemakrankas is gemerk. Pieter-hul vang die saadjies op, sit dit in ‘n sykous en dan in warm water. Uit die sykous word dit in ‘n bak met grond geplaas. Jaar twee word die saadjies wat nou al bolletjies gevorm het uit die grond gehaal en in die bewaringsgebied geplant. Hul dra kelk-vormige donkerpienk blomme. ‘n Plant dra sewe kelk-vormige blomme aan die stingel dan is sy leeftyd verby.

 

 

Die dames het weer eens besef hoe belangrik dit is dat plante vir hulle nageslag bewaar moet word.

 

 

Die vure aangesteek en almal het heerlik gekuier terwyl kennis onder mekaar uitgeruil is.

 

 

IMG_5922 (Custom)

 

Dit was ‘n heerlike en leersame dag.