Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Portefeulje: Landbou
Beriggewer: Elmine Möller
Datum: 2 September 2015
Op Woensdag, 2 September het 3 lede van Kuilsrivier ‘n Wildepruimboom by Alta du Toit Skool vir leergestremde leerders in Kuilsrivier, geplant as deel van hulle bydrae vir Boomplantdag 2015.
Alta du Toit Skool is Kuilsrivier se projek vir 2015 en daarom is besluit om ‘n boom op die speelterrein te plant.
Die leerders het die oggend reeds ‘n gat gegrawe waarin die boom geplant is.
Marlene Lotz help die boom plant en Hermene van Niekerk die skakelpersoon vir Alta du Toit Skool staan by terwyl die leerders ywerig meehelp.
Elsabie Hitchcock van die skool leer die kinders waarom die boom moet water kry terwyl Marlene Lotz toekyk en Hermene van Niekerk ‘n foto neem.
Die Wildepruimboom is klaar geplant en al die maats poseer saam met Hannie Rossouw, Marlene Lotz en Elmine Möller van Kuilsrivier vir ‘n foto.
Leave A Comment