Sirkel:   Cradock

Tak:   Hofmeyr

Portefeulje :   Bestuur

Beriggewer :  Teresa Opperman

Datum:  2 September 2015

 

 

Tydens ‘n bestuursvergadering van Hofmeyr VLV is Retha Smit as tesourier verkies.

 

 

Retha is ‘n afgetrede Rekeningkunde onderwyseres,  wat reeds vir baie jare ‘n VLV lid by Hofmeyrtak is.  Tydens haar jare as onderwyseres was dit nie vir haar moontlik om op die bestuur te dien nie,  maar sy sien baie daarna uit om Hofmeyrtak nou van hulp te wees,  veral met die vooruitsig van die komende Konferensie in 2016.

 

 

doop2 (Custom) (2)

Op die foto verskyn Retha met haar naamgenoot, Rethané Smit wat onlangs op Hofmeyr gedoop is.