Sirkel: Weskus
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Tak: Moorreesburg
Beriggewer: Martelize Britz
Datum: 2 September 2015
Die dames van die Opvoeding en Kultuur-groep het ‘n pragtige lente-tema gehad.
Daar was eerstens 4 Gr. 4 leerders van Dirkie Uys Laerskool, pryswenners was by die onlangse Eisteddfod, wat hul gediggies kom opsê het. Die dames het dit terdeë geniet!
Daarna is die taklede toegespreek deur Dr. Ali Berhardien wat sy getuienis kom aflê het. Hy was ‘n toegewyde Moslemman wat hom na die Christen geloof bekeer het en sodoende as ‘n veraaier beskou word in die Moslem geledere. Volgens hom durf geen Moslemman verander van geloof nie.
Hy het getrou met ‘n Christen meisie en het danksy haar en ‘n besoek aan haar kerk en die leraar daar begin twyfel aan die Islam geloof. Hy was toe 24 jaar oud.
Hy is derhalwe deur sy familie verwerp. Daar is selfs ‘n begrafnis vir hom gehou! Hy kon ook nie deel hê aan sy ouers se begrafnisse nie. En tot vandag toe praat geen van sy broers met hom nie.
Hy het teologie gaan studeer en vertel van 2 wonderwerke wat in sy lewe gebeur het wat dit vir hom duidelik gemaak het dat hy op die regte pad was.
Hy het ook inligting verskaf van die Islam geloof en gesê dat hy nie kwaadpraat van die geloof nie. Hy het bv. gesê dat hulle nie skaam is om hul geloofsbelydenis te sê nie en dat die Christene ook so moet maak.
Dr. Berhardien se besielende praatjie het almal aangeraak.
Leave A Comment