Sirkel:                         Paarl

Tak:                             Slot van die Paarl

Portefeulje:                Naaldwerk

Beriggewer:               Annalise Loubser

Datum:                       1 September 2015

 

 

 

Dis heerlike lente, die winter’s verby… Vir die eerste keer in ‘n lang tyd skyn die son heerlik op lentedag en vergader die tak tussen die wingerdplase by NG Kerksaal, Agter-Paarl.  Hulle hoor ook by Jackie Genis, afgevaardigde na die afgelope Kongres, dat “voëltjies is liedjies wat vlieg” aldus Henriëtte Engelbrecht, een van die sprekers by die kongres..

 

 

Salome du Toit, een van die taklede, het self ingespring en “klasgegee” oor die onderwerp dollaswerk of soos ons sommer sê, crazy patchwork.

 

 

Met die wisselafdelingonderwerp van Konferensie 2016 (dames dollaslapwerk-onderbaadjie) in gedagte het sy vertel dat dit gaan oor stukkies lap, enige lap. Dit kan versier wees met lint en kant, maar minimum dekoratiewe sierstiksels word verlang. Dit kan baie arbeidsintensief wees as jy baie handborduurwerk daarop aanbring, maar die eindproduk is pragtig.

 

 

Voorheen was dit die deftige vroue wat dit gedoen het om te spog oor die verskillende lappe wat hulle het. Dit was eintlik meer ‘n kunswerk as ‘n gebruiksartikel. Dit is ook gedoen deur die vroue met baie tyd op hande. Ou kledingstukke is herwin en sodoende was daar stories aan en soms is familiegeskiedenis ook so uitgebeeld.

 

 

IMG_2526 (Custom)

Tradisionele voorbeeld met waaier in

 

 

Daar was altyd ‘n spinnekoppie, ‘n spinnerak, ‘n waaier en/of geborduurde blom in die werk. Daar het weer ‘n oplewing gekom in die 1980’s met Judith Baker Montana wat boeke geskryf het daaroor.

 

 

IMG_2535 - Copy (Custom)

Stappe van werk vlnr: basis met middellap, ander lappies rondom opgevul, voltooide stuk

 

 

Trek die patroondeel van die onderbaadjie af op ‘n basislap met ‘n Pilot Frixion pen (te koop by Waltons of PNA). Gebruik die “stitch and flip”- metode om die lappe vas te stik. Begin met ‘n besonderse oneweredige vyfkantige lappie en bou dan rondom op totdat die basislap “toe” is. Sorg dat daar nie nate naby die kant is nie. Dun die nate uit soos wat jy aangaan om nie ‘n oneweredige dikte te hê nie.

 

 

IMG_2534 (Custom)

Frouwien du Toit, voorsitter, Salome du Toit, spreker, Alice Swanepoel en Aletta Keyser bewonder die dollaslapvoorbeelde.

 

 

In voorbereiding vir Intertak 2015 wat vanjaar aangebied word deur die tak, het die kompetisie-tafel gekreun met die inskrywings onder die tema “al in die rondte”.

 

 

IMG_2523 - Copy (Custom)

Kompetisietafel

 

 

Die lente bring nuwe lewe in die natuur. Die taklede is ook huis toe met nuwe entoesiasme om iets nuuts te probeer