Sirkel:  Middelland

Tak:  Aberdeen

Portefeulje:  Leefstyl; Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Lea van der Vyver

Datum:  31 Augustus 2015

 

 

Op 31 Augustus 2015 hou Laer Volkskool in Graaff-Reinet ‘n lentetee om fondse in te samel.  Die spreker van die dag is Mareli Visser, wenner van die kykNet program Koekedoor.  Gasvroue is gevra om elk ‘n teetafel vir 10 volgens die tema “Lenteplaas” te versier, met ‘n tuisgebakte koek as fokuspunt.

 

 

1 Tafel (Custom)

Tafel volgens “Lenteplaas” tema

 

 

Aberdeen VLV skryf in en lede wys wat met spanwerk verrig kan word.  Heidi Lombard is verantwoordelik vir die versier van die tafel en Suzanne Lategan bak en versier die koek.  Verskeie ander lede verskaf eetgoed en help met die dek van die tafel.  Die tafels word beoordeel voor die funksie begin en Aberdeen VLV wen die 2de prys!  Heidi Lombard ontvang die Koekedoor Bak resepteboek deur Errieda du Toit van Mareli Visser.

 

 

2 Koek (Custom)

Koek

 

 

3 Plek (Custom)

Gedekte plek

 

 

4 Tweede Prys (Custom)

Mareli Visser, Koekedoor-faam, oorhandig die 2de prys aan Heidi Lombard

 

 

Mareli lewer ‘n praatjie oor haar deelname aan Koekedoor en demonstreer ook die bak en versiering van ‘n sjokolade mousse koek.  Daarna kuier en gesels almal om die pragtige tafels met die heerlike eetgoed.

 

 

5 Kuier (Custom)

Lede en vriendinne kuier heerlik saam!

Vlnr: Anchen van Schalkwyk, Emmelyn van Zanten, Lea van der Vyver, Christelle Nel, Lize de Jager, Stephanie van Zyl, Heidi Lombard, Suzanne Lategan, Amey Crouse