Collage van ‘n VLV-lid
Die woord collage impliseer verskeidenheid en samestelling. In die konteks van die VLV is dit beslis ‘n kenmerk en ook ‘n vereiste vir ‘n aktiewe lid.
Vir ‘n buitestander soos ek word dit terdeë deur my wederhelf se betrokkenheid by die VLV gedemonstreer. Sedert 1987 is ek ‘n nie-ingeskrewe , maar saamgesleepte lid……en dis nogal pret! Binne die verloop van 30 jaar kulmineer haar betrokkenheid in lid, sekretaris en voorsitter van haar tak.
Maar waaruit bestaan die collage van haar VLV lidmaatskap nou eintlik?
Ek sien dit in haar bereidwilligheid om benewens moeder, mede-broodwinner, diaken- en ouderlingsvrou, ‘n getroue VLV-lid te wees wat haar sekretarispligte nougeset uit voer. Verder, die gewilligheid om aan aktiwiteite binne die takverband deel te neem. Tans vereis die voorsitterskap die verdere komponente van beplanning, kontrole en leierskap. Dit bring die omgee en deernis vir haar lede te voorskyn, asook die nakoming van sirkelverpligtinge.
Haar trots om aan die VLV te behoort, haar geesdrif en genot rondom die VLV word deel van haar wese. Ewigdurende vriendskappe word op tak, sirkel en kongresvlak gesmee.
Dankie VLV, vir die belangrike bydrae tot my vrou se ontwikkeling en vreugde.
Frans Swanepoel
Leave A Comment