Sirkel:  NOK

Tak:  Lady Grey

Portefeulje:   80 ste verjaarsdag

Beriggewer:  Isabel du Toit

Datum:  29 Augustus  2015

 

 

IMG_9742

Pragtig versierde  saal met al die dames!

 

 

Die Tak se vergadersaal was pragtig getooi met pastelkleurige tafeldoeke met kolle en strepe op. Voor elke gas was ‘n kolwyntjie met ‘n kersie in, ook  in pastelkleure versier.  Elke gas het ‘n boksie vuurhoutjies gekry om die kersies aan te steek terwyl “Veels geluk liewe VLV….. “gesing is. Die gaste (72 dames) was nog besig om heerlik te gesels en lag, toe die wysie van “Woman, Beautiful Woman” skielik begin speel het. Op die verhoog het Henna Botha (VLV lid) dans-dans nadergekom terwyl sy almal groet.  Nadat sy almal verwelkom het, het die twee gaskunstenaars, leerders Khwezi en Thandaza van Lady Grey Kunste Akademie, die verrigtinge begin met die sing van Amazing Grace, en nog ‘n hele paar liedjies.  Voorwaar 2 manne met besonderse talent!   Henna het kortliks vertel hoe lekker dit is om aan VLV Lady Grey te behoort, en almal uitgenooi om te kom kuier en om sommer ook aan te sluit.

 

 

IMG_9800

Charlene Vorster (taksekretaresse),  Jana du Plessis (gasspreker), en  Elize Cloete (Takvoorsitter)

 

 

Hierna het takvoorsitter, Elize Cloete, almal welkom geheet, en ook al die lede bedank vir hulle hulp en bydraes.  Die gasspreker was Jana du Plessis van ……….. Sy het haar getuienis gelewer oor hoe sy kanker gekry het, en elke keer die siekte oorwin het.  Sy het een van haar bene verloor agv die siekte.  Sy het 2 pragtige gesonde kindertjies, en moes ongelukkig ‘n derde swangerskap beëindig, wat baie traumaties was vir haar en haar gesin.  Groot was die gesin se hartseer ook toe hulle “Meidjie”, haar getroue huishulp, aan die dood moes afstaan. Sy glo onwrikbaar in die genesing van gebed en het ‘n baie sterk gebedsketting wat vir haar bid.  Jana is bedank deur Isabel du Toit, wat genoem het dat haar getuienis pragtig aansluiting  gevind het by VLV se tema vir die nuwe jaar:  “DROOM,  GLO,  LEEF”  –  “DREAM,  BELIEVE,  LIVE”!

 

 

IMG_9810

LADY  GREY KOMITTEE
Gerda Freeme,  Henna Botha, Elize Cloete, Charlene Vorster,  en Isabel du Toit

 

 

Daar was ook ‘n uitstalling van Saamroepers verslae van so ver terug as  die vyftigerjare.  ‘n Paar artikels van lede, asook die Trofee  wat Lady Grey-tak vanjaar die 7de agtereenvolgende jaar gewen het, is uitgestal.