Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum: 27 Augustus 2015
Dit is winter en almal loop rond met ‘n kuggie of twee en ‘n loopneus. Elkeen van ons se medisynekas inhoud hoop op en raak meer soos wat lede van die huisgesin siek raak. Wat gemaak met die ou medikasies? Moet ek dit weggooi, verbrand of net eenvoudig opgebruik? Die laaste een is letterlik die laaste ding wat jy daarmee doen. NEE, ou medikasie kan jou dalk net nog sieker maak, want die vervaldatum toon dat dit reeds eintlik 2 maande terug verval het en is reeds ingewerk by die datum. So daardie datum op die verpakking is die heel heel laatste wat dit nog geneem mag word.
Frans van Vuuren, ‘n plaaslike apteker op Wellington kom lig ons in oor medisynekas bestuur. Medisyne is ‘n chemiese middel en daarom moet dit beheer word. Dit word beheer d.m.v. skedules
S1 & S2= Sonder voorskrif verkrygbaar en minder gevaarlik.
S3= Inflammatoriese middels
S4 =anti-biotika
S5= Slaapmiddels
S6- morfien
Skedule 4 tot 6 kan net verkry word deur ‘n voorskrif. Hoe hoër die status, hoe meer afhanklik kan dit wees. Berg medisyne teen 25 C en onder.
Medisyne word vir ‘n doel gedrink. ‘n Dosis verskil van persoon tot persoon. Vra die apteker oor newe effekte.. Lig die dokter in as jy reeds ander medikasie gebruik. Die een kan inwerk op die ander of verhoed dat dit sy werking doen.
Wees versigtig as jy natuurlike geneesmiddels gebruik of koop. Dit kan ander middels se absorpsie verhoed van geskeduleerde medikasie. Onthou dat natuurlike middels nie altyd getoets is nie.
Moet nooit medikasie deel met iemand anders nie. Moet nooit iemand anders se medikasie of voorskrif gebruik nie. Moenie die dosis verminder of vermeerder nie.
Voorgeskrewe medikasie wat chronies is, moet elke 6 maande hernu word volgens wet en mag ook nie langer vooruit uitgereik word nie.
Ou medisyne kan by aptekers ingegee word, waar dit deur maatskappye verwyder word wat dit sal vernietig as deel van chemiese afval. Moenie dit in toilet of wasbak afspoel nie. Dit kan die riool werking of ander water besoedel met chemiese middels.
Generiese medikasie is wel goedkoper, maar nie 100% soos die oorspronklike nie. Daarom neem eers die oorspronklike vir ‘n tyd en skakel dan oor na generies as die liggaam reeds reageer op die middels.
Elsabe du Plessis ontvang haar pryse by Marinda Rall ( Sirkel-voorsitter) . Pryse soos wyne van Ernie Els, kontantprys, Kookboek van Dine van Zyl , Akkommodasie in die Waterfront en ook ‘n onderhoud op Kwêla.
Na hierdie insiggewende praatjie kom die dames by die hoogtepunte van die afgelope Kongres op Cradock en die voorsitter deel al die nuus. Al het die tak gemiddeld gevaar op alle gebiede, kan hulle wel spog met ‘n besonderse 2de plek in die Entrepreneurskompetisie aangebied deur VLVK. Baie geluk aan Elsabé du Plessis met haar entrepreneursvernuf. Voorwaar ‘n staatmaker..
Elsabe du Plessis 2de plek in Entrepreneurskompetisie, Petro Greeff 5de in Woordkuns en Karen Barnard ( tak voorsitter ) by die inskrywings vir Kongres.
Leave A Comment