Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule:  Kunste & Handvlyt

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  27 Augustus 2015

 

27 Augustus was `n nat oggend op Alexandria.  Die mos groei al eintlik op die paaie.

 

Alexandria bied Intertak aan, dus was die blommegerf inskrywing gedemonstreer.  Die kuns aan die gerf is dat dit vanself moet kan staan na die afwerking daarvan.  Die maandelikse takinskrywings was malvalekkers en breiwerk.  Pragtige huiswerk word uitgestal.

 

1

Huiswerk van lede wissel van gebottel tot skilderkuns

 

Toe raak die lede kreatief.  Dis mos amper weer tyd vir geskenke toedraai.  Daarom vou hulle `n eenvoudige geskenksakkie wat lede by die huis kan gaan toepas.  Enige papier kan gebruik word, dus hersirkuleer hulle ook sommer.  Versierings kan na smaak aangebring word.

 

2

Papiervouwerk – geskenksakkies

 

3

Rina, Anneli, Ursula en Emily gepanser vir die sand en sement werk

 

Met maskers en plastiese handskoene aan, meng elkeen sy eie “ready mix” (sand & sement) mengsel en daarmee word `n plastiese handskoen gevul.  By die huis kan elkeen dit gaan vorm na smaak en laat droog word.  Afwerking is opsioneel en kan aangewend word na smaak.  Dit was heel prettig.

 

`n Paar struikelblokke om te vermy:

*Die handskoen is dun,  werk versigtig daarmee.

*Werk mengsel goed na die vingerpunte toe.  Vermy lugborrels.

*Wees versigtig waar die die vingers geknak word.  Dit veroorsaak krake.

*Maak die handpalm volgenoeg, plaas die hand oor die agterkant van `n bakkie en laat stadig droog word.

 *Voorsien `n gaatjie as dit vir `n plantjie gebruik gaan word.

 

4

Sharon se pragtige hand wat sy gebruik vir juwele.