Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Hermie Baartman
Datum: 25 Augustus 2015
Mev. Hermi Baartman demonstreer met behulp van voorbeelde, sandskilderye, sjabloonwerk en papier mosaïek. Die dames is verras met die veelsydigheid van die tegnieke. Sjabloonwerk is basies om ‘n motief soos ‘n blom of ‘n blaar op ‘n stukkie stewige kartonpapier te teken, die tekening versigtig uit te sny en die raampie te gebruik om die motief met verf teen mure of enige voorwerp aan te bring. Deur eksperimentering met kombinasies kan interessante patrone verkry word. Al wat nodig is, is geduld.
Hermie Baartman by haar skilderye
Hermie Baartman demonstreer sjabloonwerk en papier mosaïek
Mev. Alma Fouche wys die dames hoe om kunstige blombakke te vorm uit sement en hessian (goiing). Meng 5 dele sement met 4 dele sand. Voeg genoeg water by om ‘n slap pasta (mengsel) te vorm. Werk met handskoene. Doop groot genoeg hessian in mengsel. Drapeer oor enige houer wat op ‘n hoë staander gebalanseer word. Vorm verder na wense. Laat droog word vir 2-3 dae en verf met waterbasis verf.
Alma Fouché demonstreer blombakke
Alma Fouché by haar skilderye
Zelda van Heerden speel klavier en Franci Crause voer die gedig “Ek is oek important” deur Peter Snyders op. Afrikaans, met ‘n tikkie humor, word meesterlik vasgevang deur Peter Snyders in sy gedig.
Leave A Comment