Home/Vryburg Tak/Blindheid

Blindheid

Sirkel:  Kalahari

Tak:  Vryburg

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Nellie Viljoen

Datum:   25 Augustus  2015

Bennie en Summer (Custom)

Bennie Venter en Summer, sy vriend en gids

Bennie Venter, bekende inwoner van Vryburg, het Vryburg VLV toegespreek oor sy lewe met blindheid. Sy ma het Duitse masels opgedoen en hy is blind gebore. Sy skoolopleiding het hy by Pionierskool in Worcester ontvang, asook naskoolse opleiding as skakelbordoperateur. Dit was moeilik om werk in die ope mark te kry en hy moes eers bewys waartoe hy instaat is. Hy het reeds in 1961 sy eerste gidshond gekry en het tans sy sewende hond, Summer. Die eienaar en hond word vir drie weke intensief opgelei om saam hul weg te vind.

Louis Braille het dit vir blindes moontlik gemaak om boeke te kan lees. Die Bybel in braille beslaan egter 57 bundels, wat dit moeilik maak om saam te neem kerk toe!

Tegnologie maak die lewe vir blindes tog makliker. Oudioboeke en studiemateriaal vir studente is beskikbaar vanaf die biblioteek in Grahamstad. Papiergeld verskil so 5mm lengte maar blindes kan met ‘n metaalstokkie die korrekte noot identifiseer. Ander hulpmiddels is horlosies met braille. Sy klere word geïdentifiseer deur dieselfde grootte knope aan bypassende kledingstukke te werk. Hy het gepleit dat gestremdes ‘n kans gegun moet word in die arbeidsmark.

Retha Bouwer het verskeie wenke oor die gebruik van suurlemoene verskaf. Suurlemoene is afkomstig van China maar vandag word die meeste in Kalifornië verbou. Dit kan gebruik word in kookkuns, kosmetika en as skoonmaakmiddel.

Bouwer R (Custom)

Retha Bouwer

Suurlemoene:

  • Vries suurlemoensap in ysbakkies vir latere gebruik.
  • Was suurlemoene en maak droog. Berg vir maande in verseëlde flesse.
  • Vir meer sap, bewaar heel suurlemoene in ‘n fles met water in die yskas.
  • Verhit suurlemoene in die mikrogolf om meer sap te verkry.
  • Steek ‘n gaatjie met ‘n breinaald indien net ‘n paar druppels sap benodig word. Bêre in die yskas vir latere gebruik.
  • Suurlemoensap sal visreuke van hande verwyder.
  • Sny suurlemoene in dik skywe en droog 60 min. by 100ºC. Verskaf ’n heerlike reuk aan klere of dien as versiering in die huis of op ’n geskenk.
  • Suurlemoensap hou kapokaartappels en blomkool wit.
  • Suurlemoensap hou ryskorrels los en mooi wit.
  • Vryf drupmerke in baddens met suurlemoensap en sout.
  • Suurlemoensap in die water hou rose langer vars.
  • Vryf vlekke in drukkokers met suurlemoensap en sout.
  • Smeer taai plastiekhouers of snyplanke met ‘n halwe suurlemoen.
  • Maak koper skoon met suurlemoensap en sout.
  • Maak verkleurde klavierklawers en ivoorhandvatsels van eetgerei skoon met suurlemoensap.
  • ‘n Bietjie suurlemoensap by jellie sal dit vinniger laat stol in warm weer.
  • Voeg suurlemoensap by indien kerrie te sterk is.
  • Skyfies suurlemoen op ‘n piering sal miere laat verdwyn.
  • Verhit ‘n skyfie suurlemoen in water vir 5 min om reuke in die mikrogolf te laat verdwyn.
  • Kook suurlemoenskille saam met vadoeke om dit wit te kry.

By |2015-08-25T01:35:01+02:00Augustus 25th, 2015|Vryburg Tak|0 Comments

Leave A Comment

Go to Top