Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kultuur
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 25 Augustus 2015

 

 

Wat beteken”om ‘n draad vir elke naald te hê”?
om ‘n antwoord vir alles te hê.
Wat beteken “om op die bakoond te sit”?
om’n oujongnooi te wees.
Wat beteken dit “om dwars in die maag te wees”?
om iemand boos te maak.
Wat beteken dit “om tussen die hen en die nes te wees”?
om in gevaar te verkeer.
Wat beteken dit “as iemand se ribbetjie seer is”?
hy is verlief.
Wat beteken dit “om met ‘n halfmaan te loop”?
om skelm te wees.

 

Dit is wat Afrikaans so uniek maak.  Amanda Strydom het ook op hierdie Afrikaanse vergadering in ons taal kom rock en daarby ook amok gemaak!

 

 

P1040035 (Custom)

Wat ‘n mooi taal!

 

Mari Mocke, die spreker, het in die vyftigerjare saam met Andre Hugunot se toneelgeselskap getoer en opgetree.  Sy is besig met
opleiding en opvoeding t.o.v. Afrikaans en het ook al ‘n digbundel gepubliseer.

Sy vertel weer van ons sg. “kombuistaal” en dat Lord Charles Somerset die Hollandse Kaap Engels wou maak.

 

 

P1040034 (Custom)

Stryders vir Afrikaans – deel van die uitstalling.

 

Het jy geweet dat MER die skepper van die woord “toebroodjie” was en dat  die woorde “duimry” en “moltrein” skeppings van joernaliste van Die Burger was?

 
Uitsprake in Die Burger van prof. Wim de Villiers en dr. Machael le Cordeur van die US, gee ons hoop vir die voortbestaan van ons taal,
Afrikaans!

 

 

P1040030 (Custom)

Die Afrikaanse teetafel.

 

 

P1040027 (Custom)
Mara Binedell (sameroeper) en Mari Mocke.