Sirkel:  Noord Oos Kaap
Tak: Dordrecht
Portefeulje:  Administratiewe Vergadering
Beriggewer: Marieka Bekker
Datum:  24 Augustus 2015

 

 

2. Bertha Rossouw - Tweede Plek

 

Berth Rossouw – Tweede plek

 

 

Dordrecht se VLV tak het hulle jaarlikse prysuitdeling gehou en die volgende plekke is vir die meeste punte vir inskrywings behaal: Marieka Bekker eerste plek, Bertha Rossouw tweede plek en Lenie Fourie derde plek. Bertha Rossouw het ook eerste plek gekry vir die meeste items ingeskryf. Lepels en vurkies is ook aan die lede uitgedeel wat 25 of meer punte gedurende die jaar bymekaar gemaak het vir inskrywings. Die persone wat dit ontvang het was Annatjie Coetzee, Dinkie Kotzé, Anna van Niekerk, Marieka Bekker, Lenie Fourie, Memory Bradfield, Lida Rossouw, Bertha Rossouw en Martha Schmidt. Baie geluk aan almal van julle!

 

 

1. Marieka Bekker - Eerste Plek

Marieka Bekker – Eerste plek

 

 

Bertha Rossouw en Lenie Fourie is ook sterkte toegewens vir die 2015 Konferensie wat hulle te Blomfontein, Cradock bygewoon het. Hulle het die tyd daar baie geniet en sȇ dis verseker iets wat elke VLV lid in haar lewe moet ervaar!

 

 

Die tak gaan op 24 September om 9:00 am ‘n troeteldierdag op Van Lill se perseel aanbied. Die ingang is R5 per persoon en persone wat dalk ‘n stalletjie wil hȇ kan Marieka Bekker epos op: [email protected]  Die afdelings waaronder persone kan inskryf is as volg: die maerste troeteldier, die vetste troeteldier, die kleinste troeteldier en die grootste troeteldier. Ook kan persone inskryf wat dink hulle en hul troeteldier lyk die meeste na mekaar! Kom kuier die dag saam met die dames, jonk en oud! Dit gaan gelaai met pret wees!

 

 

Die VLV tak het ook ‘n geskenkboom oorlaai met geskenke vir Marieka Bekker gegee as ooievaars geskenk! Graag wil sy elke lid bedank vir hulle liefde en omgee en dit was regtig so spesiaal!

 

 

3. Marieka by haar geskenkboom

Marieka Bekker by haar geskenk boom