DROOM, GLO EN LEEF- KONGRES 2015

  1. Ds Hansie Schutte vertel:

Josef het gedroom

Sy familie het gestoom

En Potifar se vrou dink: ai, tog so vroom!

Maar Josef het in God bly glo

Vooruitgestuur en met genade van bo

Voed en versorg hy sy broers toe so.

Josef het in geloof gestreef

Om sy volk te lei en so te laat leef

So, droom en glo en jou lewe bly op dreef.

 

  1. L.Pringle of Agri SA explained:

Women, especially those of the past, have always reigned.

Although 25% died in concentration camps,

Managed by military men with high and mighty ranks.

Today our country and its people are challenged again

The land reform questions cause lots of pain:

Problems:

  • Unable workforce, fraud, corruption and waste
  • Debt and low growth and savings rate
  • Lead to a credit crisis that can result in junk state(us)

Principles:

  • Must be voluntary, market based incentives,
  • Based on workable models, uphold constitutional rights
  • Government transfer ownership, driven from the bottom up.
  • But unfortunately there’s no money—- it’s also up!!!!

So ladies, tough times lie ahead– just like years before

But it’s just another challenge with lots of patience in store.

Dream, believe and live to lead

You háve the want to succeed!!

 

  1. VLVK sê dankie aan Jonathan Deal

Vriend en kampvegter van die Karoo

Hidrobreking sou hom besteel

Hand en tand veg hy toe vir waarin hy glo.

  1. Irma Davel ons saluut jou jolig

Vir hoe jy ons kinders in musiek laat groei:

Van oop snare na vingers tot groter viole

Want Suzuki sê: musiek is soos n moedertaal wat broei.

Alles gebeur ouditief

Reeds tydens die swangerskap—— met gerief

luister hy binne sy mamma.

Dan op n boksviool kamma.

En op 18 maande

is almal in die gesin reeds gaande.

Aan daardie wonderkinders sê ons dankie

veral die een met die rooi viool—sy’s “funky”.

 

  1. Hier op Cradock lê Harry Potter mos

Ook Olive Schreiner kom van diè bos,

Aldus Jackie Vertue, want kultuursake is sy kos.

Geen sleutel sê Wallace, betaal eers jul skuld,

‘n hoed word omgestuur en oop is die kerk teen die bult.

 

  1. By Sela wat “pause or reflect” beteken

Word vroue bemagtig in gesondheid en skoonheid

Wees wie jy is, maak regtig hier sin

Vir hulle wat droom vir so n geleentheid.

“African Angels” se Lucille Ferreira

Maak  n verskil aan moë mense in die besigheidswêreld.

 

  1. Blomfontein, o Blomfontein, jou het ek lief bo alles

(Selfs as die roosbeddings kaal is)

Jou broekiekanthuisies en ossewaens

n Smaakvolle dinee en ons propvol mae!

Waarvoor kan enigiemand dan meer vra?

Maar ai, die tog oor die berg

Was vir n paar dames tè erg!

 

  1. Vier begaafde VLV vroue

Rol onbeskaaf op hul moue

Om n verskil te maak net daar waar hul is.

Wees verseker, ons is trots op jul gewis!

Isa, Adelle, Elsabe en Snoekie

Gaan almal Kaap toe vir n besoekie.

Dankie V & A Waterfront en Pavilion, ons onbaatsugtige borge,

Dat ons die kompetisie kon laat rol sonder sorge.

 

 

  1. D2 is die Davelbroers

Hatting en Isak

Was dalk nie altyd so mak

Maar danksy Irma en Dewald is hul nou mooi op koers.

Van Amazing Grace tot Onse Vader

Het die ure gevlieg waar ons vergader.

Met Back Street Boys en klere vir “in case”

Het hul later gevoel na kinders in ons eie huis.

Dankie vir vermaak en traantjies gepik

Die asters en ooms sê baie geluk!!

 

  1. Ds Lizette Viviers sê hoop laat ons lewe.

“He who has a why to hope can live without the how”

Los jou troosbersie , hou op bewe

“Cling onto God and bow”

Want om te hoop is nooit los van God.

Hoor  vandag reeds môre se musiek èn dans daarop!

Dís geloof—ja dis n gebod!

 

  1. 300 Pare voëls in n versamelnes van duinriet,

klippies, modder en dons vir die spekvreter se nes

olyflyster bou plat op die grond met wortels –sonder verdriet

rietpluime vir die rietsanger; ook sy eie metode—nes die res.

n Kombersie word deur die kapokvoëltjie geweef

Sodat 14 lede lekker snoesig daarin kan leef.

Diep in die woude sing die bosmusikant

n duet met sy maatjie daar ver op die rand.

Die plaaslike swaeltjie bou mos met handjies

En lak bolletjies aanmekaar met speeksel en sandjies.

So het diè liedjies wat vlieg

n groot invloed op Henriette Engelbrecht se lewe

Raak stil in die natuur mensekind en bieg

dat Gód daar is, dit is mos n gegewe.

 

  1. Dr David Malan gesels oor bipolêre gemoedsversteuring

Van die 2 pole: depressie en manies.

Van diep onder in n gat tot pynlike nagevolge van n ongewensde verhouding.

Aanvaar dat dit n siekte is en nie deur jou gekies.

Word n meester van jou toestand en nie n slaaf.

Gebruik jou medikasie en jy kan n sinvolle lewe handhaaf.

 

  1. Jong dramastudente van Hoërskool Cradock

Kwyt hul uitstekend van hul taak

In die uitbeelding van n netelige saak!

Die van n kloof, n diep, diep kloof—Oskloof;  wie sal uiteindelik moet opdok?

 

  1. Met al die geurige avokado-olies van Westfalia

Hoef jy jou nooit te begewe na Italië.

Die heerlikste disse word deur Magdie de Kock

sumier opgedis hier plaaslik—op Cradock!

 

  1. Vroue is so vasgevang in hul emosionele lyf

Terwyl mans skaamteloos hul egos bedryf

Oor wat nou ookal onder die boep of stoep of klip skuil.

Wyl vroue oor elke “issue” kerm en huil.

Moenie oor goeters ge”fload” raak nie

Nie wat jou pelle op FB “post” of nie “post” nie

“Photoshopped “ kiekies is tog nie eg nie!

“As almal van jou hou, lieg jy vir iemand”—

dis Gretha Wiid se motto.

Wees jouself  en van haar moèt jy hou

Dan is jy bruikbaar in God se hand.

Beteken iets vir iemand noú—spyt is erg!!

God droom oor jou, so droom jy dan ook groot—groter as n berg.

“I’m not gone yet, because I’m not done yet”

Sê die tiener opgesluit in n oumenslyf

Leer en vertel jou kleinkinders van wat jy beleef het.

In jou eie handskrif moet jy alles neerskryf.

PS: ons land het geen morele kompas meer

Wees jy die geestelike DNA wat SA se hart sal beheer.

 

  1. Dankie aan sirkel Weskus

Droom soos Josef met lus

Glo God wil, nie net kan

Leef dan daai droom én geloof soos n man.

“Life is short, live it, love is rare, grab it;

Anger is bad, let go of it; fear is a mindkiller, face it;

Memories are sweet, cherish them.”

 

  1. Karien van Schalkwyk vat toe die stoel

Op n seepgladde rit met n gesamentlike doel.

Verseker was daar baie voorbereiding en stres!

Maar jong, dit was beter as  jou bes.

 

  1. Dan sê ons alweer, vir die 86ste keer, dankie

Vir sirkels Cradock en NOK.

Heerlik, leersaam met n venue sonder weerga.

Sien jul DV 2016 in PE—doer anderkant Hankey.

 

 

 

Marietjie Albrecht