Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Petrusville

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Ina Potgieter

Datum:  18 Augustus 2015

 

 

Antoinette deel 31 jaar se ervaring met haar groot K vanaf 1984.  Al die emosies waardeur sy moes werk.  Ontkenning, ongeloof en skok neem aanvanklik van jou besit.  Sy’t ook gedink dit gebeur net met ander mense. Jesaja 41:10 het baie beteken in hierdie moeilike tyd.  Dis ‘n eensame pad,.  Soek ‘n blommetjie in die veld en kyk hoe sy koppie hemelwaarts kyk.  Om positief te wees, is nie ‘n emosie nie, dis ‘n wilsbesluit en dit kan jy net saam met die Here doen.  Deur God se Genade was sy reeds 28 jaar skoon totdat die kanker weer tref.  Word stil voor God en luister. Die hele ervaring is ‘n geloofsreis.Tel jou seëninge elke dag.

 

 

IMG_3829