Sirkel:  Weskus

Tak:  Citrusdal

Portefeulje:      Leefstyl

Beriggewer: Jolien Mouton

Datum:   12 Augustus 2015

 

 

Gera-Gaya Frans , ‘n matriekleerling van Cederberg Akademie, dra ‘n gedig, “Ek het blomme gekry”, voor wat deur haarself van Engels na Afrikaans vertaal is.  Sy het Cum Laude by die Eisteddfod ontvang.  Sy word vergesel deur Hannaleen Hough, ‘n onderwyseres by Cederberg Akademie.

 

 

Die vergadering se spreker is Jolanda Basson van die Sandveldhuisie wat lede meer wenke gee oor grimering.  Jolanda het haarstillering gaan studeer.  As student het sy agter die skerms van ‘n modeweek gewerk.  Sy gaan werk toe in die bruidsindustrie en doen ‘n grimeerkursus.

 

vlv-aug2015 007 (Custom)

 

Sy gee die volgende wenke:  goeie beligting is baie belangrik as grimering gedoen word;  speel met kleure om te kyk watter grimering pas en hou daarby;  blosser word met opwaartse hale aangewend;  wenkbroue word gryser en yler met die ouderdom; wend oogskadu in kleur van wenkbroue aan om meer voller te lyk;  ouer vroue moet wegbly van glansoogskadu, dit beklemtoon plooie;  gebruik ‘n lippotlood in dieselfde kleur as jou lipstiffie.  Wend lipglans bo-oor aan.

 

 

vlv-aug2015 009 (Custom)                                                           vlv-aug2015 013 (Custom)

 

 

Die 5-Minute praatjie word gedoen deur Astrid Basson (Gesondheid).  10 Goue reëls:  1.  Beveg moegheid na ete (drink ‘n glas water/eet ‘n pruim – goeie oksidant/eet ‘n perske – stimuleer die verstand);   2.  Oefen van die nek af op (Breinoefeninge);  3.  Moenie alleen eet nie;  4.  Breek roetine;   5.  Maak gebruik van voetsool ondersteuning (dra gemaklike skoene/hou voete warm en droog);   6.  Skakel slegte vette uit;  7.  Verlaag soutinname;  8.  Oefen jou balans (stap op ‘n lyn);  9.  Dans;  10.  Wees grasieus en aantreklik.

 

 

vlnr Astrid Basson, Hannaleen Hough, GeraGaya Frans, Marlena Latsky (Custom)

 

 

Die vergadering word afgesluit met VLV gebed in Afrikaans, gelees deur Marlena Latsky.