Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Opvoeding
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 6 Augustus 2015
Uitvoerende Burgemeester, Antoinette Steyn, Alta Britz en Martina Fouche
Die Uitvoerende Burgemeester van die Breedevallei Munisipaliteit, Antoinette Steyn, het die tak kom besoek en gesels oor die positiewe gebeure in die dorp, en hoe teenoor haar as vroue burgemeester opgetree word. Die tak gee erkenning vir alles wat gedoen word.
Mev Coronel Louw, onderwyseres in gasvryheidstudie by De La Batskool vir dowes, het kom vertel van die kurrikulum wat vir die leerders in vaardigheidskole geskryf is. Daar was nie in die verlede vir hierdie skole ‘n kurrikulum nie. Vanaf 2011 tot 2013, onder leiding van mnr Mather van die WKOD, het komitees, wat uit onderwysers bestaan het, begin om vir al die vakrigtings wat in vaardigheidskole aangebied word, te skryf. Die kurrikulum is nie slegs tot die Wes-Kaap beperk nie, maar is vir al die vaardigheidskole in Suid-Afrika bedoel. Mev Louw was betrokke by die skryf van die kurrikulum van gasvryheidstudie. Die kursus strek oor vier jaar en aan die einde van die vierde jaar skryf die leerders ‘n eksterne eksamen, wat ook tale, wiskunde en lewensoriëntering insluit, ‘n Sertifikaat, gelykstaande aan graad nege, word aan die suksesvolle kandidate uitgereik.
In 2008 het De La Batskool by die P.A. & Alize Malan Gedenktrust befondsing bekom en dit is gebruik vir die opgradering van die skool se opleidingskombuis.
Landboukompetisies: 3 verskillende soorte kruie met 3 huishoudelike gebruike.
“Is jou sak vir onverwagse opname in die hospitaal gepak?” Alta Britz wys haar sak wat gereed is vir ‘n noodgeval. ‘n Lys van items wat noodsaaklik is word deurgegee. Nagklere, 2 broekies, handdoek, 2 waslappe, toiletseep, tandepaste, tandeborsel, sneesdoekies, sjampoo en haarborsel. ‘n Lys van kroniese medisyne, afskrif van ID document en mediesefonds kaart asook ‘n voltooide toelatingsvorm moet in die sak wees. Aan elke lid is ‘n toelatingsvorm uitgedeel. ‘n Hospitaalsak met die nodige toiletware is geskenk en aan ‘n gelukkige trekker oorhandig.
Alta Britz en Helene de Wet, ontvanger van die hospitaalsak.
Sarie Wolmarans, sameroeper van kuns, demonstreer hoe om blomme uit eierdosies te maak.
Leave A Comment