Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum:  5 Augustus 2015

 

 

Die Moorreesburg tak is eerstens toegespreek deur Adjudant Offisier Hugo Meyer van die plaaslike Polisie.  Hy het gepraat oor veiligheid wat ‘n relatiewe konsep is en dat daar te maklik aanvaar word dat ‘n mens veilig is.

 

Adj Off. Hugo Meyer a (Custom)

 

Die werkloosheid in Suid Afrika lei tot diefstal.  Werklose mense wend hulle dikwels tot dwelms wat lei tot misdaad.

 

Hy het die dames aangeraai om betrokke te raak by mekaar, wakker te wees en in te neem wat om hul aangaan.  Selfs die dames op plase moenie vertrou nie en moet altyd paraat wees.

 

Gewapende roof is ‘n realiteit in Moorreesburg.

 

Jy kan misdaad meestal voorkom deur reg op te tree.  Moet bv. nie alleen beweeg nie.  Bejaardes wat alleen loop, selfs in oop areas, is nie veilig nie.

 

Indien jy in die aand by verkeerslig kom, moet jy die verkeersreëls respekteer en stop, maar wees bewus van wat aangaan rondom die verkeerslig.

 

By winkels, maak seker die voertuig is wel gesluit wanneer die afstandbeheer gebruik word, deur die pasasiersdeur te probeer oopmaak.   By die OTM, kyk vir ‘n draad wat uitsteek, trek hom uit.   Kyk vir ‘n plastiek omhulsel op die masjien, aan die kant sal jy ‘n opening sien tussen die masjien en die plastiek.  Dit is alles kaartlesers wat vanaf ‘n afstand beheer word.

 

Mnr Jurie van Dyk a (Custom)

 

Die dames was was na dié praatjie baie wakker en is daarna toegespreek deur Mnr. Jurie van Dyk, ‘n plaaslike prokureur.    Hy het gepraat oor wat gebeur indien jou eggenoot te sterwe kom betreffende die testament en so meer.

Hy het aanbeveel dat die vrou aangestel word as haar man se eksekuteur en die dames gerus gestel dat geen paniek nodig is nie.  Daar is vele kenners wat jy kan aanstel om die nodige te doen, indien jy nie self kans sien nie.

 

Hy het ook aanbeveel dat geen groot besluite in die eerste jaar na die man se afsterwe geneem moet word nie.

 

Wat die testament betref, moet versigtig omgegaan word met die getuies.  Diegene wat in die testament iets erf, mag nie teken as getuie nie.

 

Die vergadering is afgesluit met heerlike sop en broodjies om die koue te verdryf.

 

 

Hurita Visser by sop en broodjies a (Custom)

Hurita Visser