Sirkel:  Overberg

Tak:  Hermanus

Portefeulje:  85 ste verjaardag

Beriggewer:   Diana Lambrechts

Datum:   1 Augustus 2015

 

 

 

Die geleentheid is ook gebruik om die dames bewus te maak van VLV en hulle uit te nooi om aan te sluit.

 

Onder die 150 gaste was drie van Overberg Sirkel se presidente teenwoordig.

 

Ere-president Lydia Geldenhuys, verbonde aan Hermanus-tak , het die gaste vertel van Hermanus se ontstaan en verskeie van die hoogtepunte van die afgelope 85 jaar uitgelig. Sy het ook die gelukwensing waargeneem.

 

Rienie Ludick, die nuut gekose sirkelpresident, het die sirkel se groete boodskap oorgedra.

 

Hermien van Zyl die uitgetrede sirkelpresident het die geleentheid saam met drie van haar Kleinmond VLV-vriendinne bygewoon.

 

Verjaarsdag koek (Custom)

85 ste verjaardagkoek

 

Die verjaardagkoek was ‘n ruiker gemaak van uitgekerfde blomme deur lede van die tak, Peggy van Druten 87 jaar oud en haar leerling Brenda Lombaard.

 

Die gasvrouens se tafels was pragtig gedek en elke tafel het gespog met ‘n besonderse koek. Daar is pryse gegee vir die mooiste koek, mooiste tafel, die beste uitbeelding van die tema en boonop nog ‘n gelukkige trekking by elke tafel.

 

Daar was demonstrasies vir die bak van ‘n mikrogolf wortelkoek, blomme rangskikkings, musiek items en ‘n voordrag, en alles gedoen deur lede uit die tak.

 

Artikels wat deur die jare gemaak is, en waarvan baie eerste pryse by die konferensies en kongresse gewen het, is uitgestal. Daar was die mooiste handwerk en kunswerke wat jy aan kon dink en waarop die lede trots is.

 

Die marktafel met tuisgemaakte produkte het ook nie agterwee gebly nie, en die dames kon lekker koop.

 

mees besonderse koek (Custom)

Mees besonderse koek.

 

wen koek! (Custom)

Mooiste koek

 

Mooiste tafel (Custom)

Mooiste tafel