Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Landbou
Beriggewer: U Engelbrecht
Datum: 30 Julie 2015
Die Landbou-vergadering van Paarl Aand is op 30 Julie in die historiese De Oude Woning, tuiste van die Drakenstein-heemkring, in die Paarl gehou. Die huis is in 1784 deur S P Jordaan gebou wat dit as ‘n slaghuis gebruik het. Dis een van die oudste oorblywende Kaaps-Hollandse huise in die Paarl.
Die Heemkring is ‘n bronnesentrum vir inwoners van die Paarl en enigeen wat navorsing wil doen oor die geskiedenis van die Drakenstein-vallei.
Johann H Claassen het vertel van sy werk as genealoog. Interessant was sy vertelling oor navorsing wat hy van talle slawe gedoen het. ‘n Paar slavinne het vooruitstrewende boere in die Paarl geword.
Leave A Comment