Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Landbou
Beriggewer: Adriana Theunissen
Datum: 28 Julie 2015
Ewald Loock
Mnr Ewald Loock, plaaslike Burgermeester van Willowmore, het vir die dames ‘n vinnige 1, 2, 3 stappe kom leer om rose te snoei. Met sy pittige sêgoed het die dames verseker ‘n paar wyshede opgedoen. Die roos moet aan die einde van ‘n snoei ‘n tipe “kelk” vorm met 3 definitiewe lote. Twee liniaal lengtes is ‘n goeie hoogte waar bome gesnoei word. Mnr Loock gee ook inligting oor verskillende roostipes.
Siebert Vermaak
Jonathan Vermaak en Siebert Baartman van die Belly Deli in Willowmore het vir die dames die al oorbekende “Carpatio” kom voorsit met “capers” en ekstrakte om smake uit te bring.
Vir hoofgereg het hulle ‘n heel koedoe filet voorgesit met vars baba wortels, “rosti” en ‘n ongelooflike groen pepersous.
Christine van Eyssen, ‘n lid, het ongelooflike sang gelewer uit Sound of Music
Jackie Barnardt
Dames modelleer bokhaarprodukte wat plaaslik in Bonato te koop is.
Leave A Comment