Sirkel: NOK
Tak: Queenstown
Portefeulje: Kersfees in Julie!
Beriggewer: Marieke Baker
Datum: 24 Julie 2015
Verskillende Kersfeestafels is bespreek, en geskenke verduidelik en gedemonstreer. Bv
- “Gift in a Jar” – vir ‘n dogtertjie/vriendin.
- Takbok gemaak van waslap en geskenk.
- Gehekelde Hartjie.
- Vou van ‘n boksie.
- Houer vir mes, vurk en lepel.
- Hoe om servetringe te maak en die vou van die servet.
Foto’s van lede was mooi uitgestal op ‘n hout-Kersboom. Blikkieskos het ingekom vir die armes-projek en dit word op gereelde basis aangepak. Serpe gaan op ‘n gepaste datum in die winter oorhandig word aan J.J. Serfontein Verbeteringskool op die dorp.
Leave A Comment