Kuns

Sirkel:  Namakwaland

Tak:  Vredendal

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Anneline Beelders

Datum:  23 Julie 2015

Louise Bruwer is die voorsitter van Wesland Kunsvereniging in Vredendal.  Haar visie vir die Kunsvereniging is om met ander instansies soos die VLV hande te vat wat die kunste aanbetref.  Sy beskou handwerk ook as kuns en wil ander klubs en verenigings uitnooi om saam met die Kunsvereniging uit te stal.  As daar hande gevat word, word almal sterker en ons kan bymekaar leer.

Fotos 2015 143

Louise meen dat die persoonlike aspekte van kuns ‘n eie identiteit aan mense gee.  Elke mens wat iets skep, skep kuns.  Wanneer ons met oorgawe kreatief is, is daar emosies by betrokke – daar is iets van onsself in elke kunswerk. Vandag se skepping is iets anders as more s’n, ons groei met elke werk wat ons skep. Uit die kunsgeskiedenis leer ons dat die mens selfs in die oertyd kunswerke geskep het – dit is duidelik uit die vroegste geskrifte wat aan ons bekend is en ook in die oorblyfsels van kosbare rotskuns, waarvan daar ook in SA baie voorbeelde is.  Ook kuns uit die brons- en ystertydperk is nog te sien.  Die kunsgeskiedenis kan rofweg in vyf periodes verdeel word:

Antiekekuns – soos dié van die Grieke en die Romeine en ook ander minder bekende voorbeelde – is goedbewaar en versorg, sodat ons dit vandag nog kan bewonder.

Die Middeleeue tot die Renaissance – die Middeleeue staan ook bekend as die “Donker Eeue”.  Die mens was beheer deur die kerk en dit was nie voordelig vir kreatiwiteit nie.  Met die uitvinding van die drukpers het die beheer van die mense in hulle eie hande oorgegaan.  Dit het mense se uitkyk verbreed en inligting is makliker versprei.  Uit hierdie tydperk vind mense vroeëre Christenkuns, Islamitiesekuns, die kuns van die Inka’s en die Maja’s.

Renaissance tot vroeë modernekuns 1400-1880 –  Ming, barok, Noord- en Suid-Amerika.

Modernekuns – min of meer die afgelope 90 jaar, post-empresionisme tot minimalisme 1960.

Kontemporêrekuns 1970 tot vandag, byvoorbeeld graffiti.

Die moderne vrou:  Sy skep met haar hande, met haar ore, sy skep met haar oë en sy skep ook met haar hart.  Sy “gaan groen”.  Haar belangstelling is gefokus op die bewaring van die natuuur, die kweek van groente en vrugte, tuinmaak en die verfraaiing van haar onmiddellike omgewing.

By |2015-07-23T07:18:04+02:00Julie 23rd, 2015|Vredendal Tak|0 Comments

Leave A Comment

Go to Top