Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Kuns en Handvlyt
Beriggewer: Marlene Dirkse van Schalkwyk
Datum: 22 Julie 2015
Marlene stel vir Dottie van Zyl eienaar van “Diva’s” voor. Dotti verduidelik hoe mens goedkoop geskenkies kan maak of selfs ‘n ou kas of skinkbord weer nuwe lewe gee.
Dotti van Zyl bied die klas aan.
Die verskil tussen teël en glasteël mosaïek is die skerp randjies van glas wat mooi glad geskuur word na die tyd sodat jou hande nie sny teen die rante nie.
Elkeen kon teëljies en prentjies uitkies.
Dottie wys vir die lede hoe om ‘n potstaander met glasteëltjies te maak. Elkeen het ‘n potstaander gekry, prentjies gekies en glasteëljies saam met die gom. Die prentjie word dieselfde grote as die glasteël geknip en met gom aan die glasteël geplak. Die teëltjies word reg gegroepeer en ook vasgeplak op die staander. Daarna word die res van die staander vol geplak met gekleurde teëljies en finaal met grout te gesmeer. Almal het verdiep geraak, dat Sinnie moes halt roep.
Lede geniet die projek baie
Dit was waarlik terapeties en elkeen kon kreatief dink en doen.
Potstaander byna voltooi
Leave A Comment