Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 21 Julie 2015
Nonnie Scheepers, Eurika Byleveld en Olivia Kok
Nonnie Scheepers, ‘n bekende spysenier van Vryburg, het haar kennis oor nuwe tendense in koskuns met Vryburg VLV gedeel. Produkte soos vanielje poeier en pasta, ‘coconut blossom sugar’ en quinoa is dalk nog nie vrylik beskikbaar op die platteland nie. Straatkos, glitter in kos, tuisgebroude bier en molekulêre koskuns geniet baie aandag. Tuisgemaakte roomys is soveel lekkerder as die gekoopte weergawe en met die oog op die somer het sy roomys met suurlemoen, klappermelk, beet en baklava gehad om aan te proe. Die gebakte alaska wat sy demonstreer, het almal beïndruk. Gebruik ‘n gebakte laagkoek en stol die roomys in ‘n ronde bak met dieselfde deursnee as die koek. Om die roomys te ontvorm, verhit ‘n nat vadoek in die mikrogolf. Plaas roomys op koeklaag en bedek met eierwitte styfgeklop met strooisuiker. Verhit in oond by 200ºC of met blaasvlam tot eierwit mooi verbruin. Altyd ‘n treffer by ‘n spesiale ete.
Nonnie Scheepers by die gebakte alaska
Etiket vir gaste is om te sorg dat hulle betyds opdaag vir ‘n afspraak. Indien jy blomme vir die gasvrou wil gee, stuur dit reeds die vorige dag sodat sy dit kan benut.
Lede het die geleentheid gekry om hul rekenaarvaardigheid te verbeter. Olivia Kok het lede touwys gemaak hoe om die toepassing PIXLR op hul selfone te gebruik om foto’s te redigeer.
Die tak is betrokke by ‘n projek om plaaslik hart en hande te raak en het sanitêre doekies geskenk aan meisies uit behoeftige gesinne sodat hulle nie skool hoef te mis nie.
Raak hart en hande
Leave A Comment