Sirkel:  Cradock

Tak:  Hofmeyr

Beriggewer:  Teresa Opperman

Portefeulje:   Landbou  & Kuns

Datum:  20 Julie 2015

 

 

???????????????????????????????

vlnr  Irene du Preez,  Ria Jansen & Riekie Potgieter,  verteenwoordigers van Mannatechprodukte tydens die VLV vergadering op Hofmeyr

 

 

‘n Heerlike gesellige wintervergadering is die afgelope week in die sportklubsaal gehou.  By die geleentheid het Ria Jansen as hulpsaamroepster van Landbou, en plaaslike kontakpersoon van Mannatech produkte, die reeks produkte aan die lede kom bekendstel.  Sy het as gaste ook vir Irene du Preez en Riekie Potgieter vanaf Somerset Oos genooi,  wat kom vertel het van die effek wat mannatechprodukte op hul gesondheid het. Ria is ook beskikbaar om ter enige tyd op te tree as spreekster en kan gekontak word by 087 5500 5674.

 

 

???????????????????????????????

Esta Jansen,  Annarien van der Merwe, Valerie Vermaak en Dadda de Jager bekyk die lappies om te besluit wat hulle wil gebruik om ‘n borsspeldjie te maak.

 

 

ria2 (Custom)

Dadda de Jager (Takvoorsitter),  Rosalie Manley en Retha Smit, vertoon hul borsspelde wat tydens die vergadering gemaak is.

 

 

???????????????????????????????

Anneke Wilken (Kunssameroepster)  verduidelik breiwerk met super dik breinaalde (23mm) aan die lede.

 

 

Anneke Wilken  as Kunssameroepster, het die dames hierna prakties betrokke gemaak toe sy sakke met lappies uithaal en elkeen die geleentheid gee om haar eie borsspeld te maak.   Elkeen teenwoordig,  van die oudste tot die jongste,  het die uitdaging geniet.   Hofmeyrtak is ook betrokke by die organisasie van die komende kongres wat vanaf 18-20 Augustus in Cradock sal plaasvind,  en finale reëlings is ook bespreek deur Sirkelsekretaresse Isabel Wilken.

 

 

???????????????????????????????

Isabel Wilken (Sirkelsekretaresse)  finaliseer Kongresreëlings met VLV lede tydens die Hofmeyrtakvergadering