Sirkel:  Kalahari

Tak:  Vryburg

Portefeulje:  Kuns en Handvlyt

Beriggewer:  Nellie Viljoen

Datum:  23 Junie  2015

 

 

Christelle Wessels het Vryburg VLV toegespreek oor haar lewe as joernalis.

 

Christelle, Hester, Amanda - Copy (Custom) (Custom)

Christelle Wessels, Hester Pretorius en Amanda Annandale

 

‘n Plaaslike koerant is ‘n spieëlbeeld van die gemeenskap en kan nie op sensasie fokus net om koerante te verkoop nie.  Tog het die publiek die reg om ingelig te word oor sake wat hulle raak.  Baie voorvalle van geweld is baie onstellend. Behalwe vir haar daaglikse werk het sy ‘n boek die lig laat sien wat teen Oktober beskikbaar sal wees.  Sy het lede aangemoedig om hul skryfvernuf te beproef, al is dit net om stories vir hul kleinkinders te bewaar.

 

Amanda - Copy (Custom)

Amanda by ‘n werk van Claerhout

 

Amanda Annandale het lede aangemoedig om met nuwe oë na skilderye te kyk.  Doen moeite om meer oor die kunstenaar te wete te kom. Let op die emosie wat ‘n skildery uitstraal.  Die tegniek wat ‘n kunstenaar gebruik speel ‘n groot rol in die geslaagdheid van die kunswerk.   Genius is perfection of technique.