VLVK – ENTREPRENEURSKOMPETISIE 2015
VLVK en die Pavilion Leisure Management Groep bied met trots aan die VLVK-entrepreneurskompetisie vir 2015, met ‘n totaal van pryse van meer as R 50 000 !
Enige VLV-lid wat ’n besigheid bedryf, word genooi om in te skryf. As jy ook ’n meerderheidsaandeel (50 % plus een aandeel) in dié besigheid besit en jou besigheid aan alle regsvereistes beantwoord, voldoen jy aan die vereistes om deel te neem.
Vroue huiwer steeds om in te skryf omdat daar dikwels gemeen word dat hul besighede – gemeet aan ander inskrywings – te klein is. As jy ook só oor jou besigheid voel, kyk gerus met nuwe oë na die kriteria. Hier word nie op die grootste omset gefokus nie, maar liefs op die identifisering van ’n geleentheid, struikelblokke wat oorkom is en die inspirasie wat ’n besigheid bied waardeur andere aangemoedig word om dieselfde te doen. Enigiemand wat van ’n VLVK-vroue-entrepreneur weet wat só ’n besigheid bedryf, kan haar vir die kompetisie inskryf.
Vanjaar se kompetisie duur van 1 November 2014 tot 30 Junie 2015.
Ses finaliste vir elke kategorie, word voor of op 31 Mei 2015 deur ’n paneel beoordelaars uit al die inskrywings gekies. Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland se webwerf by www.vlv.co.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2015. Inskrywings moet gestuur word aan: VLVK-entrepreneurs- kompetisie, Posbus 273, Stellenbosch,7599
Die wenners sal op 18 Augustus 2015, Kultuuraand van VLVK-Kongres te Cradock aangekondig word en terselfdertyd hul onderskeie pryse ontvang.
Daar is twee kategorieë: Kategorie A is vir groot besigheid en Kategorie B is vir klein besighede. Die beoordeelaars sal self besluit om inskrywings in ‘n sekere kategorie in te deel.
Wat belangrik is : Moenie u besigheid te gering ag om in te skryf nie.
- PRYSE :
1.1 Kategorie A : Groot besigheid
Eerste prys : TWEE nagte se verblyf vir 2 persone in ‘n vyfster hotel in die V & A Waterfront , ontbyt
ingesluit , ter waarde van R 15 000.
VIER DUISEND RAND se V & Waterfront geskenkbewyse , en
‘n bottel spesiaal verpakte ERNIE ELS-wyn, ter waarde van R 1000,
TOTALE PRYS WAARDE = R 20 000.
Tweede prys : EEN nag se verblyf vir 2 persone in ‘n vyfster hotel in die V & A Waterfront , onbyt
ingesluit , ter waarde van R 7 500.
EEN DUISEND VYF HONDERD RAND se V & Waterfront geskenkbewyse , en
‘n bottel spesiaal verpakte ERNIE ELS-wyn, ter waarde van R 1000,
TOTALE PRYS WAARDE = R 10 000.
1.2 Kategorie B : Klein besigheid
Eerste prys : TWEE nagte se verblyf vir 2 persone in ‘n vyfster hotel in die V & A Waterfront , ontbyt
ingesluit , ter waarde van R 15 000, en
‘n bottel spesiaal verpakte ERNIE ELS-wyn, ter waarde van R 1000,
TOTALE PRYS WAARDE = R 16 000.
Tweede prys : EEN nag se verblyf vir 2 persone in ‘n vyfster hotel in die V & A Waterfront , onbyt
ingesluit , ter waarde van R 7 500, en
‘n bottel spesiaal verpakte ERNIE ELS wyn, ter waarde van R 1000,
TOTALE PRYS WAARDE = R 8 500.
- DIE BEOORDELINGSPROSES
Die wenners sal deur ’n onafhanklike paneel beoordelaars aangewys word. Die besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word ná die wenners aangekondig is nie.
- BEOORDELING :
Entrepreneurskap (50 punte)
* Benutting van onontginde markgeleentheid
* Impak op onmiddellike omgewing/gemeenskap
* Oorspronklikheid
* Jongste finansiële state (sal vetroulik hanteer word)
Struikelblokke oorwin (20 punte)
* Finansiële hindernisse
* Tekort aan opgeleide personeel, toerusting en dienste
* Ander
Bemagtiging (30 punte)
* Werkskepping
* Volgehoue opleiding en ontwikkeling van werkers
* Maatskaplik-ekonomiese opheffing
LIG VERDER TOE MET ‘N MAKSIMUM VAN 10 FOTO’S
- Wie mag inskryf ?
4.1 Enige vroue-entrepreneur wat kan verklaar dat:
* Sy haar besigheid op plattelandse grond bedryf.
* Haar besigheid se produksiefaktore na die landbou skakel, hetsy deur kapitaal, grondstowwe of arbeid.
* Haar besigheid aan alle regsvereistes voldoen.
* Sy ’n meerderheidsaandeel (50 % plus 1 aandeel) in dié besigheid het.
* Sy ’n lid van die VLVK is.
Vroue wat inskryf, het ’n onbenutte geleentheid raakgesien en dit gebruik om ’n lewensvatbare, volhoubare besigheid te skep. Dié vroue se entrepreneurskap moet kan dien as inspirasie vir ander vroue in soortgelyke omstandighede om iets soortgelyks te doen.
4.2 Benoemings
* Buiten om haarself te benoem, mag ’n vrou ook deur organisasies of ander individue benoem word.
* Inskrywings is gratis.
* Geen materiaal wat vir inskrywingsdoeleindes ingestuur is, sal teruggestuur word nie.
- KWESSIES RAKENDE INLIGTING WAT VOORSIEN IS :
* Benoemdes verklaar dat alle aansprake wat in die verskafte inligting gemaak word, feitelik korrek is. Indien gevind word dat die inligting vals of opsetlik misleidend is, sal die betrokke benoemde gediskwalifiseer word.
* Alle inligting moet in Afrikaans verskaf word.
* Erkenning sal alleenlik gegee word aan vroue wat al die relevante inligting teen die bestemde sperdatums voorsien het. Laat inskrywings (wat ná 30 April 2015 ontvang word) sal nie in aanmerking kom nie. Die organiseerders van die kompetisie aanvaar geen aanspreeklikheid vir posvertragings of vir inskrywings wat in die pos verlore mag raak nie.
* Werknemers van die Pavilion Leisure Management Groep of hul filiale mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Dit geld ook die gesins- en familielede van die werknemers van hierdie maatskappy.. Die beoordelaars se beslissing van die finaliste, asook dié van die finale wenner, is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
* Alle inligting wat van deelnemers ontvang word, sal streng vertroulik gehanteer word.
- INLIGTING BENODIG
Aanvullende inligting moet ingedien word as ’n dokument wat die volgende bevat:
* ’n Skutblad (indien apart van benoemingsvorm ingedien word) bevattende:
* Die benoemde se volle name, ID-nommer, e-pos-adres, werks- en selfoonnommer;
* Die benoemde se naam, titel, werksplek, e-pos adres, telefoon- en selfoonnommer.
* ’n Beskrywing van een paragraaf van die benoemde se besigheid.
Leave A Comment