Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Geline Derbyshire & Mia Louw

Datum: 10 Junie 2015

 

Koos en Johanna van Wyk het die basiese riglyne van fotografie met ons kom deel en gewys hoe om foto’s van kos te neem.

 

Kyk na beligting. Natuurlike lig werk die beste, so werk naby ‘n venster en sit die vertrek se dagligte af. Skaduwees is nodig vir dimensie, maar harde skaduwees kan vermy word deur ‘n bedliggie met ‘n daglig gloeilamp (6000k) te gebruik om die bord kos van agter af te belig.

 

Gebruik miskien die Auto White balance verstelling op jou kamera om die wit wit te hou, sodat die omgewing nie die kleure van die foto versteur nie.

 

Kyk dan na jou komposisie en styl.

Neem die foto teen ‘n 45 grade hoek af, en gebruik die reël van derdes  om jou fokuspunt dus nie in die middel van die foto te plaas nie.

 

Hou die kamera so stil as moontlik sodat klein deeltjies soos klapper nie strepies maak nie. Gebruik bv. ‘n boontjiesakkie om die kamera op te rus of trek die nekbank styf teen jou nek as jy nie die kamera kan stilhou nie.

 

‘n Besige foto maak nie ‘n goeie indruk nie en kyk ook om nie ‘n swak produk af te neem nie, maak seker dat enige hande in die foto skoon en netjies is.

 

As jy nog nie so gevorderd is met fotografie nie kan jy die verstellings op jou kamera gebruik om jou te help.

 

Indien jy die Sport verstelling gebruik sal jou fokuspunt skerp wees en die agtergrond dof wees. Dit is dieselfde effek as om ‘n groot opening op jou lens te hê (f1.4-f2.8). Gebruik die Landskap verstelling op jou kamera indien jy alles in die foto in fokus wil hê.

 

Kyk na tydskrifte om te sien wat die modeneigings is in kosstilering en fotografie.

 

Sluit gerus aan by jou plaaslike fotografieklub. ‘n Mens leer uit opbouende kritiek en hulle het wonderlike uitstappies wat jy kan meemaak.

 

DSC150601 kopie

LNR: Mia Louw, Malmesbury VLV-voorsitter, Koos en Johanna van Wyk, Sorietha van der Westhuizen, Kunste en Handvlyt sameroeper.