Sirkel:  Namakwaland

Tak:  Hantam

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Aneen Nel

Datum:  5 Junie 2015

 

 

 

Dr Charl du Randt en sy vrou Malinda het die lede van die publiek op Calvinia kom toespreek tydens Hantam VLV se Gesondheidsvergadering. Hulle is boodskappers van waarheid en hoop en het ‘n passie om die ál sieker mensdom terug te help na gesondheid soos God dit vir ons beplan het. Dr Charl en Malinda is die stigters van Metabole, die eerste terapeutiese kliniek in SA sedert 1994.

 

 

Volgens hulle is daar 4 redes vir ons siek samelewing  wat nie deur medici aangespreek word nie, nl.:

 

–  Die kos wat ons eet is tot 80% verantwoordelik vir jou gesondheid. Vandaar die sê-ding “don’t kill yourself with your fork and knife”.  Almal is op die sogenaamde “boks” dieët en ons betaal die prys met ons gesondheid.

–  Gifstowwe van onder andere kosmetiese middels wat hoog is in aluminium, gebruikersonvriendelike pesbestryding wat in landbou gebruik word, kwik tandstopsels  om net ‘n paar te noem.

–  Jou liggaam se PH is van kardinale belang.  Wanneer jou liggaam alkalies is kan GEEN siekte van verkoue tot kanker jou beetpak nie. Suur PH word onder andere veroorsaak deur hedendaagse hoë suiker diëte.

–   Jou liggaam se frekwensie word beïnvloed deur elektromagnetiese radiasie deur selfone, WiFi en elektriese toestelle wat lei tot wanbalanse, suur PH en uiteindelik siektes.

 

 

Om simptome te behandel is geen oplossing nie en die bewys daarvan is oral te sien in die aantal toenemende kankers, hartsiektes- en diabetes pasiënte (selfs onder kinders en babas). Chemoterapie, wat die mees algemene behandeling vir kankers is, het slegs ‘n skamele 2% suksesrekord.  Pharmaseutiese middels behandel slegs die simptome van die kondisie wat weer ‘n string ander newe-effekte tot gevolg het en geen uitkoms op die langtermyn bied nie. Dr Charl het al duisende pasiënte met groot sukses teruggehelp op die pad na algehele gesondheid.  Die beginsels vir goeie gesondheid is eenvoudig en kom uit die Bybel. God gee al die antwoorde, die mensdom het net verleer om te luister.

 

 

100_0312 (Custom)

 

Dr Charl en Malinda du Randt, stigters van die Metabole-kliniek, het op Vrydag, 5 Junie by Hantam VLV se Gesondheid vergadering as sprekers opgetree.  Dr Charl het al duisende pasiënte gehelp om algehele gesondheid te geniet.  Op die foto is Kirsten Fourie links, Sekretaresse van Hantam VLV en Aneen Nel regs, saamroeper van die vergadering.