Sirkel: Weskus
Tak: Moorreesburg
Beriggewer: Martelize Britz
Datum: 3 Junie 2015
Op ‘n koue oggend in Junie is die VLV dames getrakteer op ‘n vars briesie in die vorm van Irma Fisher. Haar vermoë om onderhoudend te kan gesels en haar aansteeklike uitbundigheid het die dames aan haar lippe laat hang.
Sy het vertel van haar spesiale manier om mosaïek te maak. Sy het bestaande mosaïek teëltjies se glase skoongemaak en daaragter self materiaal en kant geplak en sodoende splinternuwe teëltjies vervaardig. Jy kan, volgens haar, enigiets wat plat genoeg is, agter die glas sit.
Sy het vir die lede 2 voltooide skinkborde gewys wat sy op die manier gemaak het. Jy kan iets baie persoonliks en unieks só maak.
Die lede is geinspireerd gelaat en kon ook kies van haar produkte wat sy saamgebring het van haar besigheid “Sew much more” in Boston, Bellville.
Leave A Comment