Sirkel:   Weskus
Tak:   Langebaan
Portefeulje:   Gesondheid
Beriggewer:   Charlotta van Eeden
Datum:   3 Junie 2015

 

DSCN1265
Hanlie van Heerden (spreker) word bedank deur Rina Keytel

 

 
Hanlie van Heerden, oud fisioterapeut en ook lid van die tak, spreek die dames toe.

 

 

Die lede moet dankbaar wees om op die planeet te bly met son, wat energie gee;  magneetveld, wat hulle beskerm;  sonwinde by pole, wat strale uitstraal en  atmosfeer rondom hulle, wat hulle beskerm.  Hulself het ‘n energieveld en elektromagneetveld.   Hoekom raak hulle suurstof nie op nie:
Fotosintese is die proses waarmee plante energie van sonlig benut om voedsel te vervaardig.
Vandaar hul suurstof waarsonder hul nie kan lewe nie.

 

 
Mense benodig verder : protiene, koolhidrate, water, multivitamiene en minerale, kalsium, antioksidante, omega 3 en 8 verskillende vrugtesuikers. Verder benodig  mense ook 12 weefselsoute  en anorganiese stowwe.  Die menslike ligaam het kalsium nodig om magnesium te vervoer.  Magnesium kom voor in groenblaar groentes, neute en volgraan produkte.  Magnesium is belangrik in die voorkoming van hartsiektes, depressie,  angstigheid, spierkrampe, ‘n rustige nagrus, ens.  Energie en antioksidante is ook noodsaaklik.  Wat veroorsaak dat ‘n mens nie energie het nie: geraas, lugbesoedeling, koue, emosie ens.

 

 
Koop organies, oefen, ontspan, gebruik aanvullings, lag, maak klein groentetuintjies met jou eie kruie, boontjies, spinasie ens. Wees selektief met vriende. Woon die VLV maandeliks by en ontspan.

 

 

DSCN1256
Gesondheidgroepie: Martie Purdy, Hanlie van Heerden, Carine van Eyssen, Elmine Archibald, Louna Niehaus (Sameroeper), Marie Snyman, Alta Dednam, Pina Krumm en Rina Keytel.

 

 

DSCN1257
Kompetisie-inskrywing: Blomme en skulpe.