Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-wes

Portefeulje:  Laan kaperjolle (fondsinsameling)

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  29 Mei 2015

 

Wat is ‘n verjaarsdag sonder pret? Aangesien Vic-wes tak die jaar hulle 85ste verjaarsdag vier, is ‘n pretdag op 29 Mei gehou wat ook as fondsinsameling vir die groot vieringe in Augustus moes dien.

 

Die stadsaal is omskep in ‘n koffiewinkel( kopi-kofi), boetiek en boekwinkel. Vrolike tafels is gedek en om elfuur is ‘n demonstrasie deur me. Elma Visagie aangebied. Sy het gewys hoe ‘n onthaaltafel sonder enige moeite versier kan word. Die idee het na verneem word by Jamie Oliver ontstaan. Drie bakstene, twee planke en bietjie verbeelding is nodig vir die projek. Sorg dat die planke mooi skoon is, plaas dit bo-op die bakstene en bring bietjie kleur tussen die bakstene, onder die plankies, in. Blomme is vir die demo gebruik. Bo-op die plankie kan soutbeskuitjies en doopsouse geplaas word of glase met koeldrank , afhangende van die tipe onthaal. Die plankies word dan verder versier met gekleurde soetrissies, huisies knoffel of wat ookal beskikbaar is. Vir die aand kan kerse bygevoeg word.

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

me. Visagie besig met haar demonstrasie.

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

Van die dames wat die demonstrasie bygewoon het.