Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 28 Mei 2015
Aberdeen VLV het die komende winter ingelui deur gebreide blokkies kniekombersies aan 3 spesiale dames te oorhandig. Lea van der Vyver (Voorsitter) en Stephanie van Zyl (Sameroeper Gesondheid) het Donderdag, 28 Mei 2015, by elke vrou gaan kuier en daar is omtrent gesels en tee gedrink. Al drie hierdie ouer vroue bly alleen en het die afgelope paar jaar onder ernstige siekte deurgeloop, naamlik Rita van Niekerk, Stompie Bezuidenhoudt en Rottie Verwey. Die gebaar van omgee is deur elk met waardering verwelkom.
Tannie Rita van Niekerk en Lea van der Vyver
Tannie Rottie Verwey en Stephanie van Zyl
Tannie Stompie Bezuidenhoudt saam met Lea van der Vyver en Stephanie van Zyl
Leave A Comment