Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Opvoeding

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  27 Mei 2015

 

 

 

Op Woensdag 27 Mei 2015 het 10 van Kuilsrivier se lede die Alta du Toit Skool vir Serebraal en Fisies gestremde leerders in Kuilsrivier besoek.  Die skool is Kuilsrivier se takprojek vir 2015.  Nie bederfbare produkte, klere, artikels vir herwinning, skryfbehoeftes en handwerk artikels word vir die skool ingesamel

 

 

Die skool is in 1964 deur Ds. Daan du Toit vir sy dogter Alta, wat Downs sindroom het, gestig.

Alta du Toit leef nog en is ‘n inwoner van die Alta du Toit Nasorg Sentrum.  Daar is 354 leerders in die skool waarvan 81 kinders in die koshuis is.

 

 

Daar is ‘n mediese afdeling waar die kinders hul medikasie en mediese sorg kry, fisioterapeute, arbeidsterapeute en spraakterapeute asook gimnasiums waar die kinders kan oefen.  Die kinders beoefen verskeie sportsoorte en neem aan verskeie kompetisies deel.

 

 

DSC05206

 

Die dames het eers in die winkeltjie, Ons Venstertjie, gesnuffel waar die leerders se pragtige handwerk  verkoop word.

 

DSC05208

 

Die Marimba orkes, onder die leiding van Reinhardt, het die besoekers welkom geheet.

 

DSC05213

 

Die fisioterapeut, Laura, het verduidelik hoe die spel, Hokker, gespeel word terwyl me. Hermene v. Niekerk, die skool se skakelpersoon en Suretha Joubert toekyk.  Dit is in Suid-Afrika ontwikkel vir gestremde persone en word gespeel met ‘n bal en ‘n tipe ‘crokie’ stok deur 9 spelers.  Hulle staan in sirkels en slaan die bal vir mekaar, terwyl die ander span die bal probeer afneem.

 

Die verskillende klasse is besoek en daar is verduidelik watter terapie en werk met die kinders gedoen word. Sommige kinders moet selfs in die basiese dinge opgelei word.  Daar word vasgestel in watter rigting elke kind se aanleg lê en hulle word dan daarin gestimuleer.

 

DSC05234

 

Die Koor het hulle skoollied en nog 2 liedjies gesing.

 

DSC05247

 

Die salgorkes het hulle slag gewys met Af, Af, Af en Mambo.

 

DSC05252

V.l.n.r.:  Elmine Möller, Marlene Lotz, Marianne Smit, Helene Cronje, Cecile Stander, Nelie Hattingh, Suretha Joubert, Kitta v.d. Vyfer, Monica Crafford en Gerda v.d. Westhuysen

 

Na die toer deur die skool is almal getrakteer met heerlike tee en eetgoed by pragtige gedekte tafels.