Sirkel:  Tygerberg
Tak:  Goodwood
Portefeulje:  Gesondheid
Beriggewer:  Alet Colyn
Datum:  26 Mei 2015

 

 

Dr.Irma Aggenbag, waarnemende hoof van Panorama Medi Clinic se noodeenheid, het die lede oor griep kom toespreek.  Sy beveel aan dat almal die griepinspuiting moet neem.  Lede meld dat hulle baie siek word na so ‘n inspuiting, maar sy sê dat dit 2 tot 3 weke neem om ‘n persoon immuun te maak.  Dit is ‘n dooie virus wat ingespuit word en babas vanaf 6 maande kwalifiseer daarvoor.

 

 

Die griepvirus word versprei deur o.a. nies en hoes.  Wanneer jy grieperig voel, word bedrus en immuun”boosters” aanbeveel, aangesien antibiotika nie altyd die antwoord is nie.

 

 

 
P1040018
Dr. Irma Aggenbag (links) en Charlotte Huysamer (sameroeper).