Sirkel Tygerberg
Antoinette le Roux
23 Mei 2015
Gedurende Mei het Sirkel Tygerberg ernstig begin voorberei vir die kompetisies van 2016. Meer as 30 lede van ons Sirkel was by elk van die drie Inligtingsdae teenwoordig.
Op die eerste Saterdag van Mei het die lede geleer wat verwag word van inskrywings in die Leefstyl-afdeling. Voorbeelde van die artikels is vertoon en verskeie handleidings en foto’s is beskikbaar gestel aan die baie entoesiastiese lede.
Op die tweede Saterdag was dit Kuns en Handvlyt se Inligtingsdag. Eers het David Briers, kosfotograaf van Media 24, vir die lede wenke gegee hoe om kosfoto’s te laat “lewe.” ‘n Paar van die wenke sluit in:
Hoe varser die kos, hoe beter.
Moet verkieslik nie van bo belig nie, maar liefs van die kant deur bv. gebruik te maak van spieëls en weerkaatste lig.
“Kleur” die agtergrond in, maar onthou dat die klem op die kos moet wees.
Onmiddellik hierna het die Sameroeper vir ons gedemonstreer hoe om die blomkrans te maak. En wat ‘n heerlike verrassing was dit nie om te sien watter fraai blommetjies van eierdosies gemaak kan word! Dit is beslis ‘n goeie handvlyt om baas te raak aangesien dit vir vele ander doeleindes gebruik kan word.
Op die volgende Saterdag het die lede toe weer geleer hoe goeie gebak moet lyk en smaak. Van toentertyd se eetgoed het toe vanjaar die kompetisie vir gebak gehaal: Mikrogolf-vrugtekoek, Uiemarmelade, Suurlemoenstroop en Skuinskoek is maar ‘n paar van die eetgoed wat gebak en gekook kan word.
Leave A Comment