Sirkel: Paaarl
Tak: Suider- Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 20 Mei 2015
Mev Anphia Bellstead en haar klaar produkte.
Met die tak se 60ste verjaardag het die dames van Suider Paarl ‘n baie aangename oggend beleef.
Die tak is gestig op 18 Mei 1955 en is steeds ‘n baie bedrywige tak. Hulle het Mev. Anphia Bellstead gehad wat vir hulle ‘n wonderlike manier van herwinning kom demonstreer het, nl. die verwerking van plastieksakke. Sy hekel byna enigiets met die repe wat sy sny uit ou winkel plastieksakke.
Mev. Mari-Joan van der Sluys en Berta Spangenberg – sekretaresse
Na haar het Mev. Mari-Joan van der Sluys , wat haar eie kookskool bedryf, vir die lede ‘n baie voedsame en bekostigbare slaai gedemonstreer.
Bydraes vir die Armoede projek
Die lede is ook gevra om ‘n bydrae te maak vir die tak se Armoede projek. Die projek is skenkings van gebruiksartikels vir die Traumakamer van die plaaslike polisie. Die bydraes was regtig iets
wat dringend benodig word vir vroue en kinders wat daar versorg word.
Leave A Comment