Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Petrusville
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alta Waldeck
Datum: 19 Mei 2015
Die maak van kaas is die oudste preservering metode vir melk en dateer uit die antieke tyd toe boere melk gekap het met klippe en geslaan het met stokke om dit dik te kry. So het die maak van kaas ontstaan. Dit neem 10 liter melk om 1 kg kaas te maak.
Marisse de Villiers
Goeie pasmaats vir kaas is Franse brood en ciabatta saam met neute, olywe, groenvye, vars vrugte (appels, druiwe en pere), bessies en heuning. Rooi wyn gaan goed saam met beleë cheddar en bloukaas terwyl wit wyn die Hollandse en Franse kase komplimenteer. Wanneer kaas in kos gebruik word, moet dit nie aan ‘n te hoë hitte blootgestel word nie. Onthou kaas trek sterk geure aan in die yskas en moet dus goed geseël word sodat die smaak van kaas nie bederf word nie. Sny kaas volgens die fatsoen waarin dit gemaak is. Beleë kase word nie gesny nie, maar gebreek met ‘n kartoffeltjie.
Koeimelk, skaapmelk, bokmelk en selfs buffelmelk word gebruik om kaas te maak.
‘n Kaasbord moet die volgende kase bevat: beleë kaas, gouda, bloukaas en camembert. Verskillende kase met lande van oorsprong word uitgestal. Hollandse kase: maasdam, edam en gouda. Griekse kaas: halloumi (kan gebraai of gerooster word) en feta. Franse kaas: brie, camembert, bloukaas. Italiaanse kaas: mozzarella, parmesaan, pecorino. Switserland: bokmelkkaas. Engeland: beleë cheddar.
Leave A Comment