Sirkel:  Weskus

Tak:  Velddrif

Beriggewer:  Cornelia van Dyk

Datum:  18 Mei 2015

 

IMG_5730 (Custom)

 

VLV-lede besoek die Jeugsentrum in Noordhoek.  Daar is wors en broodrolletjies met souse geskenk.  Die sentrum is ook die dorp se gemeenskapsprojek.

 

IMG_5739 (Custom)

 

Bettie van der Merwe Bonnet bestuur dit saam met haar helpers.  Sop en kos word vir ongeveer 413 kinders daagliks uit die kombuis voorberei.  By die Noordhoek skool is begin om groente in tonnels te kweek om die kinders betrokke te kry.  ‘n Maatskaplike werker bied programme aan om die kinders uit die straat te hou.

 

IMG_5747 (Custom)

 

IMG_5744 (Custom)

 

Na skool kan kinders hul skooltake kom doen by rekenaars wat ‘n program het vir  naslaan en leer.

 

IMG_5746 (Custom)

 

Die Jeugsentrum het ook ‘n toekenning van die Sakekamer gekry vir doeltreffende werk en diens.

 

 

Baie dankie vir goeie werk en mense met warm harte!