Sirkel: SWD
Tak: Herbertsdale
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Emsie Marx
Datum: 16 Mei 2015
VLV Herbertsdale het op Saterdag 16 Mei 2015 op die wynplaas Jakkalsvlei gaan stap om geldjies bymekaar te maak vir hulle vriendskapsmunte wat hulle alreeds in Februarie 2015 oorbetaal het.
Die pragtige wingerde
Suzanne Jonker het al die reëlings getref. Op ‘n ideale Saterdagoggend, nie te warm of te koud nie, het die dames om 10h00 by Jakkalsvlei gearriveer. Nou nie te veel lede nie, maar darem ook nie te min nie, selfs ‘n paar vriende en familie ook… Nadat almal ‘n inskrywingsgeldjie of ‘n donasie gegee het, het hulle gaan stap.
Emsie Marx, Martie Müller en Nel-Marie Müller
Die gesellige geselsery tuseen die wingerde was heerlik en die uitsig asemrowend. Na die stap het hulle gesellig saam verkeer, en koffie en eetgoedjies geniet. Hulle het selfs elk ‘n glasie wyn gedrink!
Dit was ‘n heerlike, gesellige oggend wat VLV-bande versterk het!
Al die ywerige stappers bymekaar.
Leave A Comment